Inwoners verlig ná herstel van Tweedy Park-kompleks se heining
Die inwoners is baie dankbaar nadat East Rand Walling die heining herstel het.
Inwoners van die Tweedy Park-kompleks kan deesdae weer ’n bietjie rustiger slaap nadat die heining, wat einde April beskadig is toe ’n motor daardeur gebars het, herstel is.
Die heining is gedurende die naweek van 17 en 18 April beskadig toe die voertuig deur die heining gejaag en die bestuurder daarna van die toneel weggevlug het.
Aanvanklik wou die bejaarde inwoners self probeer plan maak om die skade te herstel, maar East Rand Walling (ERW) het uiteindelik ingetree om die heining te herstel.
Benewens die groot gat waardeur die motor gebars het, is daar ook nog drie ander beskadigde dele van die heining herstel.
“Ons as Tweedy Park inwoners is baie dankbaar. Ek kan nie genoeg dankie sê nie,” het Antoinette Esterhuizen, een van die inwoners gesê.
ALSO READ: CoE responds to mounting complaints at Tweedy Park Old Age Home
ALSO READ: Inwoners moet self plan maak ná voertuig deur heining by Tweedy Park bars





