Local newsNews

Inwoners moet self plan maak ná voertuig deur heining by Tweedy Park bars

’n Voertuig wat deur ’n betonheining gebars het, het ’n oop toegangspunt geskep wat nou inwoners se veiligheid bedreig.

Gedurende die naweek van 17 en 18 April het ’n voertuig na bewering in die nag teen hoë spoed in Hastingslaan afgejaag gekom en nie betyds tot stilstand gekom nie.

Die bestuurder het waarskynlik beheer verloor en deur die sement-palisadeheining van die Tweedy Park-kompleks, aan die kant van Madeleystraat gebars voordat hy of sy van die toneel weggejaag het.

Die botsing het ’n groot opening in die sementheining gelaat, wat nou ’n ernstige veiligheidsrisiko vir inwoners inhou aangesien booswigte maklik toegang tot die perseel kan verkry.

Volgens ’n inwoner, Tinus Maritz, het die Stad van Ekurhuleni Maandag opgedaag om die skade te inspekteer.


ALSO CHECK: Brakpan police highlight 24/7 services and public support systems


Hy beweer egter dat daar aan hom gesê is dat geen fondse tans beskikbaar is om die heining te herstel nie.

“Hier moet hulle plan maak, hulle moet pale plant sodat voertuie nie weer deur die muur kan beskadig nie.

“Intussen maak vier van ons inwoners plan om die heining tydelik toe te maak net sodat ons veilig kan wees,” sê hy.

Die Stad van Ekurhuleni is Donderdag, 23 April, genader vir kommentaar oor die voorval asook die bewering dat daar geen fondse beskikbaar is vir herstelwerk nie. Teen druktyd is geen terugvoer ontvang nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button