Local newsLocal sport
Brakpan toon staal in wegwedstryde teen Vereeniging
Brakpan se rugbyspanne het sterk vertonings teen Vereeniging in die Peregrine Liga gelewer, met die o21’s wat ’n indrukwekkende 20-7 oorwinning behaal het.
Brakpan het Saterdag in ‘n wegwestryd teen Vereenigng in die Perigrine Liga uitgedraf.
Die o21’s het hul teenstaanders harde bene laat kou en met 20-7 gewen. Hanru Pienaar was die speler van die wedstryd.
Die eerste en tweede spanne het albei gelykop tellings teen Vereeniging aangeteken: die eerstes met 34-34 en die tweeds met 24-24.
Ruben Beitell was die eerste span se speler van die wedstryd en Ruan Steenkamp is aangewys as die tweede span se speler van die wedstryd.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



