Local newsLocal sport

Drie uit drie vir Brakpan teen Nigel in Valke Peregrine-liga

Brakpan se eerste-, tweede- en o21-spanne het Nigel op hul tuisveld oorrompel en drie waardevolle liga-seges behaal.

Die Brakpan Rugbyklub het Saterdag voortgebou op sy sukses in die Valke Peregrine-liga en gesorg dat die Nigel Rugbyklub ’n moeilike dag op die veld beleef.

Brakpan se eerste-, tweede- en o21-spanne het hul wedstryde, wat by die John Vorster Stadion in Nigel gespeel is, gewen.

Die o21-span het ’n weghol oorwinning van 115-7 behaal, terwyl die tweedes ook die krane oopgedraai het en hul wedstryd met 56-7 gewen het.

Die eerste span se wedstryd was meer mededingend, met Nigel wat deurgaans vasberadenheid en sterk verdediging getoon het.

Brakpan het egter sy geleenthede benut en beheer in belangrike oomblikke van die wedstryd behou om uiteindelik ’n oorwinning van 33-17 te behaal.


ALSO CHECK: Ekurhuleni Oos Ringbal vereer spelers

ALSO CHECK: Brakpan toon staal in wegwedstryde teen Vereeniging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button