'n Groot aantal Subaru's het by die opedag saamgetrek. Foto: Thelma Koorts
Die Just Wheels Motorklub se opedag, wat Sondag plaasgevind het, het gesorg vir ’n indrukwekkende skouspel met ’n groot aantal Subaru-voertuie wat op die dag saamgetrek het.
Besoekers kon ook ander unieke voertuie van naderby besigtig, terwyl daar geen tekort aan vermaak en heerlike kos was nie.
Maria en Olga Estrela en Vanda Gavanos het dit geniet om by die vele vlooimarkstalletjies aan te doen. Foto: Thelma Koorts
Zayden Lazarus (agt maande) van Benoni is nog veels te jonk om opgewonde te raak oor mooi voertuie, maar hy het nietemin die dag saam met sy ouers geniet. Foto: Thelma Koorts
Vir die jonger besoekers aan die opedag word daar ook altyd voorsiening gemaak. Anastasia (5) en Kiara (4) Dowling van Brenthurst het hulself op ’n springkasteel geniet. Foto: Thelma Koorts
Hendrik Pieters het die pad van Pretoria af aangepak met sy Subaru Forester STI. Foto: Thelma Koorts
Aiden Gouws (10) van Kempton Park by een van die Subaru’s wat by die opedag te sien was. Foto: Thelma Koorts
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.