NewsNewsSportSport

Fochville Rugbyklub wen eerste wedstryd

Die manne van Fochville Rugbyklub het verlede naweek in hul eerste wedstryd van die nuwe jaar as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die manne van Fochville Rugbyklub het verlede naweek in hul eerste wedstryd van die nuwe jaar as oorwinnaars
uit die stryd getree.
Hulle het verlede naweek in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Barberton op die veld gedraf. Hoewel die twee spanne
teen druktyd steeds kop-aan-kop met tien punte elk was, het Fochville in die tweede helfte wild terugbaklei.
Hulle kon op die ou einde hul teenstanders met ‘n telling van 39 – 15 in die stof laat byt.
“Ons is trots op die manne en veral die jong manne het hulle hande opgesteek en vir opwinding gesorg,” het die
klub se ondervoorsitter, Julian Dawson, Maandag aan die Herald gesê. Die span gaan op Saterdag 3 Maart om 14:00
op Hoërskool Fochville se rugbyveld teen Parys te staan kom. Dié kragmeting vorm deel van Hoërskool Fochville
se 50 jaar-reünie. “Ons oefen steeds Dinsdag en Donderdag en belangstellendes is welkom om by ons aan te sluit,”
het Dawson bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button