Fochville Rugbyklub het sy deure gesluit en in sy plek is die nuwe Rams Rugby Akademie gestig.
Die Akademie bestaan uit ‘n senior klubspan wat in die Leeus Senior Grand Challenge se Liga sal speel, asook ‘n Golden Oldies-span wat aan verskeie toernooie en voor-wedstryde vir die klub, asook in ‘n nasionale toernooi in Kaapstad sal speel.
Die klub het ook ‘n sewesspan wat, indien alles volgens plan verloop, deur die jaar onder meer in die VSA en Dubai sal uitdraf.
Fochville se rugby-entoesiaste het ook besluit om ‘n juniorklub vir spelers van o.9 tot o.18 te stig wat teen ander Leeus-juniorklubs sal meeding.
Die opwarmingswedstryde vir die senior klub skop op 23 Februarie by die Malelane rugbynaweek af. Die liga begin op 6 April. Die Golden Oldies se eerste toernooi is op 9 Februarie op Diggers se velde.
Nuwe spelers, afrigters en borge kan vir Charlie van der Westhuizen by 082 657 1472 of Peet van die Oldies by 083 281 1362 kontak.




