NewsNewsSportSport

Dorado-boot die wêreldkampioene

'n Boot van Dorado Skibootklub van Carletonville het tydens die afgelope wêreldspele vir “Big Game Fishing” op Sodwana Baai as die beste boot weggestap.

Die boot Kit Kat, met Jaco Huysamen as skipper en Jaco Hendriksz op die dek, was een van drie bote wat gekies is om internasionale spanne tydens dié byeenkoms op see te neem.
“Die wêreldspele vind net elke vier jaar plaas en is vir hengelaars die ekwivalent van die Olimpiese Spele,” verduidelik Hendriksz.
Altesaam 25 spanne van verskeie lande, waaronder Suid-Afrika, Italië, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Slovenië, Mexiko, Swaziland en Egipte het van 10 tot 15 Februarie aan die byeenkoms deelgeneem. Die wêreldkampioene van ander hengel-dissiplines is ook tydens ander byeenkomste elders in die land bepaal.
Spanne wat aan die “Gig Game Fishing” deel van die spele deelgeneem het, het op die 25 deelnemende bote roteer. Elke span het uit drie lede bestaan.
“Ons het op die oefendag en dag een van die toernooi die span van Slovenia gehad. Op dag twee het ons Italië gehad en dag drie Spanje.
Die bote en spanne het daagliks om posisie punte meegeding wat aan die einde van die drie dae opgetel is om die wenspan en wen-boot te bepaal.
Al die visse wat gevang is, is weer vrygelaat,” het Hendriksz verduidelik. Die span van Slovenië het tydens hul vangs vanaf Kit Kat ‘n groot Wahoo van ongeveer 18kg gevang en vrygelaat.
Hoewel die span van Italië op die tweede dag van die kompetisie ‘n marlyn verloor het, het hulle enkele minute daarna nog een gehak.
“Dit was ‘n reuse marlyn vir die baie ligte gerei wat hulle gebruik het en het die vis vir bykans vyf ure gespook voordat ons hom kon vrylaat. Dit was sekerlik een van ons grootste uitdagings ooit, maar ons kon hulle met raad en daad bystaan om die reuse vis te vang,” vertel Hendriksz.
Dié goeie vangste het verseker dat die twee Jaco’s van Carletonville met Kit Kat die gouemedaljes ingepalm het en as wêreldkampioene gekroon is.
In die span-kompetisie het Spanje as wêreldkampioene weggestap, met Engeland was tweede en Mexiko in die derde plek.
Hoewel Hendriksz Protea-kleure in diepsee-hengel het en tydens die wêreldkampioenskap in Brasilië ‘n individuele silwermedaje ingepalm het, was dit Huysamen se eerste wêreld-byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button