Die jong vegters wat tydens die afgelope kompetisies medaljes ingepalm het, is voor Luhann Kirsten (twee silwer), Caylin Hughes (brons), Zinieke Heydenrich (silwer), Liam Zandberg (twee brons) en LJ Marshall (twee goud). In die tweede ry is Alexis Botha (silwer), Emma Botha (goud en brons), Emma Golden (goud en silwer), Sias Vermaak (silwer), Simone Killian (twee silwer), Marieke Janse van Vuuren (goud en brons) en Shihan Chimmy van Winkel (afrigter). In die derde ry is Jan van Niekerk (silwer en brons), Kaden Viljoen (silwer), Reuben Dercksen (goud en silwer), Prince Lesedi (twee goud) en Sumari-May Eddy (twee goud). In die vierde ry is Christiaan Yzelle (twee silwer), Megan Golden (twee brons), Abigail Botha (brons), Danie Kok (twee goud) en Danie de Wet (twee silwer). Agter is RJ Fourie (goud in MMA), Alex Tuz (brons in MMA), Megan van Niekerk (twee goud), Dillan van Graan (goud in MMA), JT Tuz (brons in MMA), Juvan Dietrichsen (goud en silwer) en Shaun Killian (silwer en brons).
Die jong vegters het op 20 November aan die Tiny Titans en MMA jeugkampioenskappe by die Brakpan binnenshuise sportkompleks deelgeneem. Volgens die groep se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, was dit die eerste keer in bykans twee jaar wat die jong vegters se familielede kon gaan kyk hoe hulle deelneem. Toeskouers is as gevolg van regulasies om Covid-19 te beheer nie vroeër by sulke byeenkomste toegelaat nie. Hoewel die Tiny Titans-kompetisies gewoonlik twee keer ‘n jaar gehou word, was dit ook as gevolg van Covid-19, die eerste keer wat dit vanjaar aangebied is. Verskeie van die Carletonville vegters het met medaljes weggestap en Van Winkel sê hy is baie tevrede met hul prestasies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.