NewsNewsSportSport

Vegters bring weer medaljes huis toe

Verskeie lede van die XKT Fight St MMA en skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek tydens ‘n groot kompetisie presteer.

Volgens hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het van die klub se vegters Saterdag, 11 Junie aan ‘n “grappling” kompetisie in Alberton deelgeneem. “Grappling” is ‘n kombinasie van die sporte stoei en Brasiliaanse Jiu-Jitsu en die vaardighede wat in dié sport gebruik word, kan ‘n selfverdediging en ander vorme van gevegskuns gebruik word.
Al die gemengde gevegskuns (ook bekend as MMA) klubs in Gauteng het saamgewerk om die kompetisie te hou om geld vir die senior nasionale span, wat later vanjaar oorsee gaan meeding, te help insamel.
Ongeveer 80 vegters het tydens die kompetisie kragte gemeet. Van nuwelinge tot ervare vegters kon hul vaardigheid tydens die byeenkoms toets.
Van Winkel nooi inwoners wat in gevegskuns belangstel om hom by 072 143 9680 te skakel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button