NewsNewsSportSport

Fochies se netbal skitter

Hoërskool Fochville se netbalspelers het dié seisoen gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Volgens die skool se woordvoerder, mev. Elsabé de Mesquita, is hulle baie dankbaar oor hoe die seisoen verloop het.
“Ons netbalseisoen was ‘n rooiletter seisoen. Van ons nege spanne wat in sewe ligawedstryde gekompeteer het, was ses naaswenners en die o.14A en o.16As tree as ligawenners uit die stryd,” vertel sy trots.
Dié twee puik spanne het daarna ook as distrikwenners geëindig en het die naweek van 10 en 11 Junie die besondere voorreg gehad om aan die Gauteng Jomo Kampioenskappe by Crawford Ruimsig International deel te neem. Beide die spanne het in ses wedstryde oor twee dae hul staal gewys en nooit vir groot skole teruggestaan nie.
“Harde werk, baie opoffering en verseker Godgegewe talente het al ons spanne ‘n besondere 2022 netbalseisoen laat beleef. Ons harte loop oor van trots. Dankie aan elke afrigter, dogter en ouer vir opofferinge wat gelei het tot sukses. ‘n Besondere dank aan ons hoof, mev. Erna Nortjé, wat verseker een van ons grootste ondersteuners was,” sê De Mesquita.

Bo: Die o.16 A-span is voor: Melanie Fisher (kaptein), die afrigters me. Corne Cato en me. Mardi Fick en Royneez Mkwakwe (onderkaptein). Agter is Angelique Coetzee, Ancri Joubert, Clarissa Nel, Chanél Vlok, Kayla-Lee Verster, Andrea Claassen en Esam Patela.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button