Local newsNews

Welverdiend sonder krag in die koue

Die munisipaliteit kon nog nie 'n aanduiding gee van wanneer die transformator herstel gaan word nie.

Inwoners van Welverdiend is sedert Sondag sonder elektrisiteit in die snerpende koue.
ʼn Transformator wat die area van krag voorsien het Sondag gebreek en die tweede een wat veronderstel was om die stukkende een te vervang, is nooit herstel nie.
Brose bejaardes wat van suurstof afhanklik is, word erg hierdeur geraak.
Die VF Plus is uiters bekommerd oor Merafong se interne administrasie wat kragprobleme nie gou genoeg kan oplos nie. Agt elektrisiëns is onlangs geskors omdat hulle, volgens die munisipaliteit, nie hul werksverpligtinge nakom nie.
Die ANC het Merafong in die afgrond in bestuur ten koste van inwoners wat nou in die donker en koue moet rondtas om te oorleef.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button