Local newsNews

Welverdiend sonder krag in die koue

Die munisipaliteit kon nog nie 'n aanduiding gee van wanneer die transformator herstel gaan word nie.

Inwoners van Welverdiend is sedert Sondag sonder elektrisiteit in die snerpende koue.
ʼn Transformator wat die area van krag voorsien het Sondag gebreek en die tweede een wat veronderstel was om die stukkende een te vervang, is nooit herstel nie.
Brose bejaardes wat van suurstof afhanklik is, word erg hierdeur geraak.
Die VF Plus is uiters bekommerd oor Merafong se interne administrasie wat kragprobleme nie gou genoeg kan oplos nie. Agt elektrisiëns is onlangs geskors omdat hulle, volgens die munisipaliteit, nie hul werksverpligtinge nakom nie.
Die ANC het Merafong in die afgrond in bestuur ten koste van inwoners wat nou in die donker en koue moet rondtas om te oorleef.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button