Local newsNews
Carletonville en Fochville Herald soek Bruid van die Jaar 2025
Die Carletonville en Fochville Herald nooi plaaslike bruide wat tussen Januarie en Desember 2025 getroud is om aan die Bruid van die Jaar 2025-kompetisie deel te neem.
Carletonville en Fochville Herald nooi bruide van ons omgewing wat in Desember of vroeër in 2025 getroud is, om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.
Stuur jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) na 061 529 0836 of na [email protected].
Al die inskrywings verskyn deurlopend op ons webtuiste.
Gaan kyk gerus by https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/bruid-van-die-jaar-2025/om dit te sien.
Net bruide wat tussen Januarie tot Desember 2025 getroud is, kan vir die kompetisie inskryf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



