News

Twee ernstig beseer in ongeluk op Ventersdorp-pad

Paramedici het vyf pasiënte op die toneel behandel, waarvan twee insittendes ernstige beserings opgedoen het.

‘n Ernstige ongeluk het gisteroggend (Dinsdag, 5 Desember) omstreeks 06:00 op die Ventersdorp-pad (R53) 5km buite Potchefstroom plaasgevind.

Paramedici het vyf pasiënte op die toneel behandel, waarvan twee insittendes ernstige beserings opgedoen het. Die pasiënte is per ambulans na die naaste hospitaal vervoer.

Een baan was gesluit, terwyl die toneel aktief was.

Mooirivier Beskerming First Responder, NW Provinsiale ambulansdienste, polisie en ander owerhede was op die toneel.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button