Local newsNews

Saak teen seuns teruggetrek wat jong man op video in Carletonville aanrand

Die klaer het besluit om nie verder met die saak voort te gaan nie en het intussen van sy beserings herstel.

Die saak teen die twee seuns wat onlangs ‘n jong man in Carletonville aangerand het, is teruggetrek.

Die video van die seuns is wyd op sosiale media gedeel.

In die video, met die naam “Carletonville Bullies” kan gesien word hoe twee seuns na ‘n ander een toe loop. Hoewel dié jong man van hulle af probeer wegdraai, trek een van die ander seuns los en slaan hom só hard teen die regterkant van sy besig dat hy op die grond val.

Dieselfde seun skop hom hierna teen die kop terwyl hy steeds op die grond sit.

Hoewel die twee seuns, wat onderskeidelik 14 en 15 jaar oud en van Carletonville en Klerksdorp afkomstig is, aanvanklik in verband met die voorval gearresteer is, is die saak teen hulle intussen teruggetrek.

Volgens ‘n betroubare bron is die rede hiervoor dat die klaer besluit het om nie daarmee voor te gaan nie omdat die seuns so jonk is en hulle nog hul hele toekoms voor hul het.

Hy het intussen herstel van die beserings wat hy ten tye van die aanranding opgedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button