Losberg Gymnastics vier Moedersdag met prettige Mommy & Me-kompetisie
Mammies en gimnaste het rolle omgeruil tydens ’n vrolike byeenkoms by die Gert van Rensburg-sportkompleks.
Die Losberg Gymnastics gimnastiekklub het baie ma’s laat skaterlag met ‘n spesiale Moedersdagbyeenkoms op 10 Mei. Volgens die klub se eienaar, JJ Strydom, het die klub ‘n spesiale Mommy & Me Gimnastiekkompetisie by die Gert van Rensburg sportkompleks aangebied.
“Hierdie prettige en ligte kompetisie het die rolle omgeruil. Gimnaste is deur hul mammies beoordeel, en mammies is deur die gimnaste beoordeel. Dit het vir ‘n middag vol lag, pret en kosbare herinneringe gesorg,” vertel JJ. Om die opwinding nóg groter te maak, was daar “omkoopkaartjies” by die kantoor beskikbaar teen R10 per kaartjie.
Hoe meer kaartjies deelnemers gehad het, hoe groter was die speelse omkoopgeleentheid!
Deelnemers is aangemoedig om blink en sprankelende klere te dra, en bypassende mamma-en-gimnas-uitrustings het bonuspunte verdien.
“Hierdie spesiale geleentheid het nie net oor gimnastiek gegaan nie, maar oor die viering van die besondere band tussen ma en kind op ‘n prettige en betekenisvolle manier.”
Mense wat meer oor die klub wil weet, kan JJ by 081 727 8488 kontak.



