Local newsNews

Scorpions pak Union Knights met vasberadenheid in tweede ronde

Die Scorpions-rugbyklub se o.19-span was die enigste span wat verlede naweek 'n oorwinning behaal het, terwyl die ander spanne dapper geveg het teen Union Knights.

Die Scorpions-rugbyklub se spanne het verlede naweek op die veld ‘n dapper stryd geveg teen die Union Knights.

“Ons het begin met ons tweede rondte. Ons ouens het regtig goed gespeel en ons eerste span kruip al hoe nader aan ‘n wen,” sê die klub se bestuurder, Joe Bosch.

Die o19-span was die sterre van die naweek. Hulle was die enigste span wat die Union Knights kon troef toe hulle die wedstryd met ‘n indrukwekkende telling van 34-17 in hul guns beklink het.

Die eerste span moes uiteindelik die knie buig met ‘n telling van 26–34.

Die tweede span moes eweneens die aftog blaas nadat hulle met 7–59 verloor het, terwyl die o21-span ongelukkig ook met ‘n telling van 15–45 die knie moes buig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button