Local newsSport

Gimnaste wen medaljes

Ons gimnaste staan vir niemand terug nie.

Verskeie gimnaste van die Losberg Gymnastics klub van Fochville het tydens hul sport se nasionale kampioenskappe presteer.

Volgens die klub se hoofafrigter, JJ Strydom, het die klub se meisies die afgelope naweek aan hul SA's by die Matsport sentrum in Centurion deelgeneem.

Alejaundra Pretorius het met die algeheel sesde plek uit 110 deelnemers weggestap. Tristan Ferreira het op haar beurt 12de uit 100 meisies geëindig.

Intussen is die SA's vir seuns die vorige naweek by die Matsport sentrum gehou. Deelnemers van al nege provinsies het tydens beide die kompetisies kragte gemeet.

Drie van Losberg Gimnastics se seuns het met medaljes weggestap.

Jaundre Bothma het die eerste plek op die horisontale balk gewen. Hy het ook met die algehele vierde plek in sy ouderdomsgroep weggestap.

Kiano Rossouw het die derde plek vir spronge gewen en het met die algeheel 10de plek uit die 32 seuns in sy ouderdomsgroep weggestap.

Nóg 'n jong klublid, Dillon Kieser, het die derde plek op die vloer gewen.

“Ek is baie trots op die seuns. Dit wys net dit maak nie saak van waar af jy kom nie, harde werk word altyd beloon,” het Strydom na afloop van die byeenkoms gesê.

Volgens Strydom is hy baie tevrede met die gimnaste se vertoning tydens vanjaar se SA's.

“Dit is vir ons 'n baie groot eer om plek te kry by die SA's teen die groot gimnastiekskole teen wie ons deelgeneem het,” sê hy.

Related Articles

 
Back to top button