Local newsSport

Pantherz hard aan die oefen

Hulle oefen by Laerskool Losberg in Fochville.

Ons omgewing se eie vroue rugbyspan, die Pantherz, is hard besig om vir hulle nasionale kragmeting voor te berei.

Die span van Fochville het die afgelope Saterdag ‘n strawwe oefening gehad om vir die nasionale kampioenskap wat September in Mosselbaai plaasvind, voor te berei. Hulle beplan ook nog ‘n oefening vir 22 Junie.

Volgens hul afrigter, Wiekes Coetzer, beplan hulle ook om op 17 Augustus aan ‘n kompetisie in Alberton deel te neem.

Die span oefen Maandae en Woensdae om 17:00 by Laerskool Losberg in Fochville. Vroue is welkom om by die klub aan te sluit.

Vir meer inligting kan Ronel by 076 799 0435 gekontak word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button