Local newsSport

Vrouespeler wys haar staal

Haar afrigter het ook in dieselfde span gespeel.

Een van die spelers van ons omgewing se vroue rugbyspan, die Pantherz, het die afgelope naweek gewys dat sy vir niemand hoef terug te staan nie.

Charlene Michau was uitgenooi om in Welkom as deel van die Barbarian-span uit te draf.

Dit was ‘n gemengde span en mans- en vrouespelers het teen mekaar meegeding.

Michau het haar egter só goed van haar taak gekwyt dat sy daarin kon slaag om ‘n drie te druk.

“Haar mede-spelers het haar geloof vir haar mooi bal-hantering. Sy het mooi spoed gekry en onder die pale gaan kuier,” sê haar afrigter, Wiekes Coetzer, wat ook deel van die gemengde span was.

Coetzer sê dit was ‘n voorreg om saam met Michau in die span te wees en voeg by dat dit wys hoeveel talent vrouespelers in ons omgewing het.

Hy nooi ander vrouespelers uit om Maandae en Woensdae van 17:00 tot 18:00 die Pantherz se oefeninge by Laerskool Losberg by te woon en te kyk of húlle nie ook talent in die spel het waarvan hulle dalk nie eers geweet het nie.

Coetzee vra ook dat inwoners die spanlede ondersteun in hul aksie om geld vir hul deelname aan die nasionale kampioenskap in September in Mosselbaai in te samel.

Vir meer inligting kan Ronel by 076 799 0435 gekontak word.

Charlene en haar trotse afrigter, Wiekes Coetzer.

Related Articles

 
Back to top button