Laerskool Dagbreek se o13-Sewes rugbyspan het onlangs ander spanne in die omgewing tydens ‘n kragmeting uitgestof.
Die skool het teen Laerskool Fochville, Laerskool Losberg van Fochville en Laerskool Blyvooruitsig in die Verre Wes Sewes kompetisie deelgeneem.
Dagbreek het as die kampioene van die kompetisie uit die stryd getree. Van die skool se spelers, Danie Kok, Jan van Niekerk, Jaden Baase en Dandre Schönfeldt is boonop as Spelers van die Wedstryd tydens die onderskeie kragmetings aangewys.
“Ons is super trots op ons rugbyhelde,” sê die skool se woordvoerder, Colene Rudolph.
Danie Kok is een van die spanlede wat tydens van die kragmetings as Speler van die Wedstryd aangewys is.Jaden Baase het ook ‘n trofee ingepalm toe hy as Speler van die Wedstryd aangewys is,Jan van Niekerk het sy trofee as Speler van die Wedstryd,Dandre Schönfeldt is ook as Speler van die Wedstryd tydens een van die wedstryde aangewys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.