Local newsSport

Skopboksers wys hul staal

Hulle het albei medaljes huistoe gebring.

Twee skopboksers van die XKT Fight St skopboksklub in Carletonville het onlangs hul staal tydens ‘n groot kompetisie in die Vaaldriehoek gaan wys.

Alex Tuz (16) en Patrick Steyn het op 17 Augustus aan die Vaal Toyota Cup Fight Night by die Barnyard in Vereeniging gaan deelneem. Net gevorderde vegters het aan die kompetisie deelgeneem.

Alex, ‘n leerder van Hoërskool Carletonville, het in die volkontak low kick afdeling meegeding en ná drie harde rondtes met die tweede plek weggestap.

Patrick het in die K1 volkontak afdeling meegeding en het ook die tweede plek ingepalm.
“Alex en Patrick was albei na drie harde rondtes elkeen net een punt agter die wenners. Dit is ‘n prestasie om op trots te wees,” sê hulle afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.

Die klub se volgende groot kompetisie sal op 7 September in Brakpan wees. Patrick en nóg ‘n gevorderde vegter, Kenneth Golden sal op 16 September hulle staal tydens ‘n groot gemengde gevegkuns (MMA) kompetisie gaan wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button