NewsNews

Drie bejaardes sterf in kop-aan-kop botsing

Drie bejaardes is Sondagmiddag (3 Maart) oorlede nadat ń bus en ʼn sportsnutsvoertuig omstreeks 17:00 kop-aan-kop naby Fochville met mekaar gebots het

Drie bejaardes is gistermiddag (3 Maart) oorlede nadat ń bus  en ʼn sportsnutsvoertuig omstreeks 17:00 kop-aan-kop met mekaar gebots het.

Die ongeluk het op die N12 naby Fochville plaas gevind. Die pad was vir ure gesluit gewees terwyl paramedici en die brandweer die beseerdes behandel het.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, is twee mans, onderskeidelik 70 en 83 jaar oud asook ʼn 72-jarige vrou dood op die toneel verklaar.

“Drie ander mense is met ernstige beserings na ʼn hospitaal in Carletonville geneem vir verdere behandeling,” het Campbell gesê.

Volgens hom is daar 38 passasiers van die bus wat slegs geringe beserings opgedoen het en verkies het om nie hospitaal toe te gaan nie.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is onbekend vir ER24, maar SAPD was op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button