CRC het Saterdag Eldorado Park in die tweede ligawedstryd van die senior Grand Challenge-liga gepak. Die tuisspan is een van net agt spanne wat tot dié liga deurgedring het. Carletoville het gewys dat hul een van die top-spanne in die liga is deur Eldo’s met ‘n stewige telling van 64-12 in die stof te laat byt.
CRC het 11 keer agter die doellyn gaan kuier en as span baie goed saam gelyk. Van die spelers wat drieëgaan druk het was kaptein, Eben Möller, Carl Roberts, Pierre Roberts, Maurice Kruger, Jabu Nkutha, Nicolas Setan, Clinton Barkley asook Mathew Glaog.
Philip van Zyl, flank van CRC, is as speler van die wedstryd aangewys.
Clinton Barkley en Mathew Gloag het van die drieë verdoel en die klub kon vyf punte uit die wedstryd vat. Die klub speel komende Saterdag teen die verdedigende kampioene, Tshuma Stingers van Midrand.
“Dit gaan weereens n baie harde wedstryd wees, en ons as klub nooi almal uit om die manne te kom ondersteun, ons het dit regtig nodig,” sê die lub se organiseerder, Barney de Koker.
Die wedstryd sal om 16:00 op Hoërskool Carletonville se velde beslis word.




