Volgens die skool se woordvoerder, mnr. Barney de Koker, het dié bul-span na die Noordvaal finale deurgedring nadat hulle verlede Vrydag vir Hoërskool Wolmaransstad in ‘n naelbyt semi-finaal met ‘n telling van 20 – 17 geklop het,
“Dit was een van die mees aanskoulikste en hardste wedstryde nog die seisoen. Die manne het vasgebyt en die wen in die laaste paar minute deurgetrek,” sê hy.
Volgens hul afrigters, mnre. Johan Bezuidenhout en Tjaart Nortje, gaan die lang seisoen, wat reeds in Februarie begin het, Saterdag in ‘n taai stryd teen Allen Glen van Johannesburg eindig.
“Hulle sien uit na nog ‘n taai wedstryd en gaan net hul beste gee om Hoërskool Carletonville se naam hoog te hou,” sê die afrigters.
Die finaal gaan Saterdag in Zeerust beslis word.




