NewsNews

Net-net kop bo water

Met die swaar reën van die afgelope naweek en ‘n vyfde sluis wat teen Dinsdag by die Vaaldam oopgetrek is, is daar weer asem opgehou of dié besondere geelvis klipkunswerk in Parys, dalk sy vinne in die water sal sit.

Vroeër vandeesweek was die onderste vin van die graniet- en draad kunswerk ‘n skamele 40cm van die Vaal se magtige golwe waar hy die afgelope drie jaar onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge in Parys pryk. Teen Dinsdagoggend het dit egter gelyk asof die watervlak effens hier gesak het en was die kunswerk sowat een meter bo die water, volgens plaaslike kunstenaar Deon TerBlanche, wat verantwoordelik was vir die besonderse kunswerk en ook hierdie foto. Deon het die kunswerk in Oktober 2018 gemaak om bewusmaking van die bewaring van ons land se waterbronne en visspesies te skep, nadat rioolbesoedeling van die Vaalrivier tot groot getalle visvrektes gelei het. Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant, Parys Gazette, hier: Net-net kop bo water | Parys Gazette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button