NewsNews

Kwadrupleeg breindood verklaar nadat ventilator tydens kragonderbreking stop

'n Kwadrupleeg wat Saterdagmiddag (25 Junie 2022) in 'n koma gegaan het nadat die ventilator wat hom help om asem te haal tydens 'n kragonderbreking gaan staan het is breindood verklaar.

Willie Muntingh se ma, Lettie, het bevestig dat dokters haar seun breindood verklaar het.

Willie is Saterdag by die MediClinic Vereeniging-hospitaal opgeneem.

Volgens Lettie het die krag Saterdagaand in die omgewing van 21:00 in Peacehaven afgegaan.

Hulle was besig om Willie van die ventilator af op suurstof te sit toe hy in ‘n koma gegaan het.

Die buurt gaan gereeld onder kragonderbrekings gebuk.

Willie is verlam sedert hy as tienerjarige homself beseer het toe in ‘n fratsongeluk by Hoërskool Vereeniging (nou Vereeniging Gimnasium) se swembad.

Kwadrupleeg breindood verklaar nadat ventilator tydens kragonderbreking stop | Vaalweekblad

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button