Die Vaalrivier in vloed: Dié foto van die Vereenigingse sakeman, Isaac Lewis, is in 1917 geneem. Dit was waar die Vereeniging buiteklub later ontwikkel is.
Mnr. Norman Paton, nou reeds oorlede, het in die 1970s aan Vaalweekblad vertel van die eerste groot vloed wat inwoners van Vereeniging, toe nog ‘n dorpie in sy babaskoene, beleef het. Dit was in 1917, toe Norman nog ‘n jong seun was. Die Vaaldam en Barrage het in daardie tyd nog nie bestaan nie.
Norman se pa was die eerste superintendent van Waterwerke by die Vereenigingse munisipaliteit. Hul huis, wat naby die pompstasie langs die Vaalrivier gestaan het, is daardie jaar so erg deur die watermassa beskadig dat dit tot op die grond afgebreek moes word. Die Paton-gesin het daarna maande lank in ‘n tentjie gewoon terwyl hul nuwe huis gebou is.
Oorstromings in 1957Oorstromings in Peacehaven in 1975
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.