Local newsNews

Rowers slaan weer by kettingwinkel toe

'n Kettingwinkel in Carletonville se sentrale sakegebied is weer die afgelope week beroof.

Personeel by Ackermans in Emeraldstraat was Saterdag besig om klante te help toe drie onbekende mans instorm.

Die rowers het die personeel en klante na die agterkant van die winkel gedwing en ‘n vertoonkas oopgebreek. Die booswigte het verskeie items, waaronder 55 selfone, gegryp en uit die winkel gehardloop.

Hulle het toe in ‘n blou sedan, waarin hul twee trawente buite die winkel gewag het, gespring en weggejaag.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button