Local newsNews

So vang jy ‘n bielie van ‘n baber

Tennyson (Teuns) Colleskey van die Hap en Kap-hengelklub het 30 Desember 2022 besluit om by Cilliers se plaas, Deneysville, te gaan hengel en het onder andere 'n bielie van 'n baber uitgetrek.

Sasolburg – Theuns vertel dit was ‘n reënerige dag en die wind het by tye baie sterk gewaai. Hy het egter volgehou en is met ‘n bielie van ‘n baber (13,325kg) beloon. Hy het die ou grote met met mieliepitte gevang.

Theuns vertel dat hy eintlik vir karp gehengel het, maar dat die knewel nie die hoekaas kon weerstaan nie. Dit het hom lank geneem om die baber te land. Behalwe vir die persoonlike triomf spog Theuns nou ook met die buiteklub rekord vir die jaar. Hy het ook 26 karpe gevang.

Johan Pieters het op sy beurt ook op 30 Desember by Bloemhofdam gaan lyn natnaak. Hy het ‘n paar mooi karpe gevang, onder meer ‘n karp wat 4,280 kg geweeg het. Hy het vir die dag 40 vis gevang.

Tennyson (Teuns) Colleskey van die Hap en Kap-hengelklub wys die bielie van ‘n baber wat hy gevang het.
Johan Pieters met van die 40 vis wat hy op 30 Desember gevang het.

https://vaalweekblad.com/152785/so-vang-jy-n-bielie-van-n-baber/?fbclid=IwAR13LvvUbgoZ6Psl8DzLi7HJu1ARdXOZ3_JWMVyunk5TW5uTPNVMSvCbxiY

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button