Local newsNews
Video: Riool stroom in Fochville
Inwoners en sakelui in een van Fochville se strate moet daagliks deur strome riool ry.
Riool het vanoggend uit verskeie mangate in Potchefstroomstraat gestroom. Die feit dat dié problem al vir ‘n lang tyd voortduur, kan gesien word in die feit dat verskeie diep slaggate al by die aansluiting van onder meer Garsstraat gevorm het.
Die rioollekke het ook al gate op die sypaadjie uitgespoel.
Vanoggend (10 April) was daar soveel riool wat gelek het dat dit afdraend tot in die Piet Viljoen Park ingestroom het. Van hier lek dit in die Loopspruit in.
Hier is ‘n video van die omgewingsramp wat besig is om in hierdie straat af te speel:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



