Inwoners na ses maande steeds sonder krag
Volgens die munisipaliteit gaan hierdie mense se lang wag binnekort verby wees.
Volgens die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit behoort die inwoners van Carletonville wat naby die kooperasie woon behoort uiteindelik weer binnekort.
Inwoners van die kleinhoewes naby Hinterland sit al van Februarie af sonder krag ná die ondergrondse kabels gesteel is. Hoewel hulle die polisie én die munispaliteit gekontak het toe skelms die kabels net agter die treinspoor wat die area se krag voorsien begin steel het, het niemand hulle gekeer nie.
Na baie klagtes het die munisipaliteit belowe dat ‘n diensverskaffer teen einde Junie aangewys sou word.
Die kontrakteur was gister langs Adastraat besig om van die nuwe oorhoofse kabels op te sit.
Die Herald het die munisipaliteit vandag oor die probleem uitgevra.
Volgens Merafong sal die inwoners “teen die einde van die week” uiteindelik weer krag hê.



