EntertainmentLifestyle

Sonja eersdaags vir bydrae tot Afrikaanse musiek vereer

Die Cantare kinderkoor en Alberton Mannekoor gaan ook optree.

SONJA Herholdt word eersdaags in Alberton vereer!

Sy tree op 4 Augustus by die NG-kerk Alberton-Suid, Phantomstraat, Raceview op en sal by die geleentheid met ’n oorkonde deur die FAK vir haar blywende bydrae tot Afrikaanse musiek vereer word.

Die Cantare kinderkoor en Alberton Mannekoor gaan ook optree. Skoolkore wat hierdie aand ook hulle talent kom vertoon is Brackenhurst Primary, Dalmondeor en Waterstone College.

Vegter vir vroue-regte en vrouwees

Die rekord plate-verkoper en nasionale ster, Sonja Herholdt, is opgewonde oor haar optrede een week van nou af hier in Alberton waar sy deur die FAK vir haar bydrae tot Afrikaanse musiek geëer word.

Vir Sonja is vrou-wees belangrik. Tien jaar gelede het Sonja ’n DVD opname van haar Voetpad na Vrouwees motiverings-program opgeneem en dit in April 2008 bekendgestel. Haar nuwe CD She het meestal uit die musiek wat sy in haar Voetpad na Vrouwees program gebruik het, bestaan. Op die omslag van haar She CD skryf sy die volgende: “Hierdie opnames is baie meer as net die musikale klankbaan van die motiveringsprogram, ’n Voetpad na Vrouwees; dis liedjies wat ek spesiaal gekies het as die klankbaan van my lewe – dalk werk hulle vir jou ook.”

Op 4 Augustus word Sonja deur die plaaslike Cantare koor begelei wat beloof om, soos Laurika Rauch se optrede in 2016, die gehoor hoendervleis te gee. Ida Strydom, die koorleier, is ’n meester daarin om die koor beide die musiek te laat vertolk, maar ook die koorsang te laat dien as ’n raamwerk om die hoof-kunstenaar se optrede aan te vul.

WEN

Drie gelukkig lesers staan die kans om elk twee dubbel kaartjies na die FAK prestige-toekeningsaand waarby Sonja Herholdt en Bennie Bierman vereer word, te wen. Kom luister na van haar bekendste werke. SMS Cantare na 48440 voor 30 Julie om 11nm om hierdie prys te wen. Wenners word op 31 Julie in kennis gestel. Koste R1.50 per sms.

Die opbrengs van die kompetisie word gebruik vir die Cantare Streekskoor se fondsinsameling vir volgende jaar se Wêreld-koorkampioenskappe.

Kaartjies is R80 per persoon en is by 082 257 1407 beskikbaar. Kinders onder 12 jaar gratis.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button