EntertainmentLifestyle

Stella stel hoop in liefde – akoestiese video bekend

Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie.

STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, lewer konstante hoenderveismooi kontemporêre snitte.

Hoop in liefde is een van hierdie pragtige snitte en is gedurende Augustus 2017 aan radiostasies landswyd uitgereik.

Die akoestiese musiekvideo van hierdie lied is op 7 November uitgereik.

Kyk die video hier:

“Dit is my eerste Afrikaanse liefdeslied wat ek geskryf het. Die liedjie gaan oor ware liefde deur alle seisoene. Een van ons werkers op ons plaas, Vusi, het eenkeer ’n hoopvolle aanmerking gemaak oor die reën wat in (te) klein buie geval het. Hy het gesê – ‘bietjie maak meer’. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ons het daardie jaar ook ’n baie goeie oes gehad! Ons kan so maklik voel dat dit wat ons kry te min is, maar ons vergeet die wyse woorde van Vusi. Liefde is dieselfde. Bietjie, bietjie maak meer. Al kry ons seer, dis die moeite werd om te gee. Daar is hoop in liefde”, sê Stella.

Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep Duis:Lig wat weer in 2016 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album gewen het.

*Vrygestel deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button