AdvertorialLocal newsNews

Modimolle in Kwêla se Dorp-van-die-jaar-kompetisie

Stuur ’n SMS en help om die Waterberg te bemark. Maak seker ons mooi dorp is die wendorp en die ontvanger van die R1 miljoen prysgeld!

Modimolle is vanjaar een van die streekfinaliste in KykNet se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie.

’n Kort uittreksel oor die dorp is op Sondagaand 21 April uitgesaai, waarna kykers vir hul gunsteling dorp kan stem. Modimolle is een van drie finaliste in Limpopo en ding mee teen Hoedspruit en Marken. Die dorp wat die meeste SMS-stemme ontvang, sal hul streek in die kompetisie as finalis-dorp in die finale ronde verteenwoordig.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpe wat die finale ronde gehaal het, kom verfilm.

Die wendorp ontvang R1 miljoen se bemarkingswaarde van KykNet met ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp wat uitgesaai sal word. Daar sal ’n groot opskop op die dorp gehou word wat Kwêla sal kom verfilm.

Lottoland skenk ook ’n allemintige R1 miljoen rand kontantprys wat in die dorp teruggeploeg kan word om infrastruktuur te verbeter. Die wendorp word op Sondag 28 Julie op Kwêla aangekondig.

Daar kan tot Vrydagmiddag om 12:00 gestem word.

Lesers, hier is jul kans om ’n verskil in ons omgewing te maak!

Daar kan gestem word deur “MODIMOLLE” te SMS na 33157. SMS’e kos R1,50 en slegs 30 SMS word per nommer toegelaat.

Related Articles

 
Back to top button