Local newsOpinion

Waarom trek jy jóú kruisie?

Die verkiesing word op 29 Mei landwyd gehou en Die Pos het met ’n paar inwoners gesels oor wat hulle graag sal wil hê moet verander.

Sheshen Phokan.

Sheshen Phokan, bemarker – PNA, sê:
Ek hoop ons kan leiers in die verskillende partye kry wat verantwoordelik is en verandering kan bring wat volhoubaar is, van die grootste stad tot die kleinste dorpie. Nou het ons leiers wat beloftes maak en dit nie na kom nie. As ons leiers kan kry wat betroubaar is, wat kan seker maak dat die veranderinge in dienste gelewer instand gehou word, dan dink ek is daar hoop.

Johan van Niekerk.

Johan van Niekerk, gewapende reaksie offisier vir Galven Sekuriteit en voorsitter van Bela-Bela Heritage sê:
Ek sal graag wil sien dat amptenare verantwoordelikheid neem en veranderings voorstaan wat die gemeenskap sal bevoordeel, en nie net hul eie sakke nie.

Shireen Saloojee.

Shireen Saloojee, eienaar van Saloojee’s klerewinkel in Bela-Bela, sê:
Ek wil meer betrokkenheid van die raadslede sien. Hoewel daar baie raadslede is, is daar net een of twee wie aktief betrokke is en direk met die munisipaliteit kommunikeer. Ek bly in Jinnah Park, en ons het probleme voorgelê aan Mary Koover van die ANC, wie by ons wyk betrokke is, maar sy het tot dusver net beloftes gemaak en nie aksie geneem nie. Sy sou al meer as ’n jaar terug ’n vergadering met ons gemeenskap en die burgermeester reël, maar sy vee haar aan ons af. Ons strate lyk erger as die township s’n. Ons gemeenskap bly in ’n tronk op die oomblik. Dit is pikdonker saans, ons kinders kan nie in die straat met ’n fiets ry of met ’n bal speel nie, dan word daar met hulle baklei deur die informele onwettige plakkerskamp se kinders wat oorkant ons ontstaan het, want die munisipaliteit het hulle toegelaat om ’n straat en toegang vir voetgangers in Jinnah Park te maak in plaas van in Spa Park. Ons eiendomme het geen waarde meer nie. Die taxi’s raas en rommel word oral gestrooi.

Mara Ihlenfeldt.

Mara Ihlenfeldt, diereaktivis van Bela-Bela, sê:
Daar moet meer sigbare en daadwerklike optrede wees teenoor mense wat hulself skuldig maak aan dieremishandeling en -verwaarlosing. Huidige wetgewing is tans verouderd. Strenger strawwe, soos direkte tronkstraf sonder die keuse van ’n boete moet opgelê word. Ondersteuning deur die staat vir dierewelsynorganisasies moet ’n prioriteit wees.

Related Articles

 
Back to top button