Local newsNews

Slaapkamer tot niet verbrand in Stoffbergstraat

’n Inwoner van Stoffbergstraat in Bela-Bela, Christiaan Naude, het Dinsdag, 23 April ongeveer 11:30 met ’n skok besef dat sy slaapkamer wat aan die buitekant van die hoofhuis is, aan die brand is.

Die bure en brandweer het gelukkig vinnig gereageer om die vlamme te blus.

Die plek waar die elektriese kortsluiting ontstaan het.

Naude het aan Die Pos gesê dat hy gou in die hoofhuis was, waar sy ouers woon, en toe hy uitkom het hy gesien sy kamer is in vlamme gehul. “Ek het alles verloor wat ek die laaste vier jaar, bymekaar gemaak het,” het Naude gesê. Hy is ’n oud-Warrie en het in 2020 matriek geskryf.

Die vuur het ontstaan as gevolg van ’n elektriese kortsluiting en die vlamme het die inhoud in die kamer binne ’n paar minute verswelg.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button