Local news

EG Kerk vier hul 80ste bestaansjaar

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk (EG) se gemeente in Bela-Bela het op Saterdag 20 April en Sondag 21 April die 80ste bestaansjaar van die kerk gevier.

André Herbst, ’n jare lange gemeentelid, het aan Die Pos gesê dat die naweek ’n geestelike hoogtepunt was.

“Die Here het die harte van elke persoon aangeraak en daar heers ’n pragtige gees van eensgesindheid onder die gemeentelede,” het Herbst gesê.

Van die gemeentelede gesels oor die geskiedenis van die EG kerk en die planne vorentoe.

Op Saterdag het almal gesellig saamgekom en gesels oor die geskiedenis van die kerk.

“Ons het veral besin oor hoe ons die kerk in die volgende 80 jaar kan benader en uitbou. Sondag het ons ’n oggenddiens gehad, gevolg deur ’n lekker gesamentlike ete,” het Herbst aan Die Pos vertel.

Die EG Kerk is in 1944 in Durban gestig onder die naam Nuwe Protestante Kerk en in 1986 het die naam verander na Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. Die Bela-Bela-gemeente is in 1979 gestig en vier dus vanjaar sy 45ste bestaansjaar. Die huidige kerkgebou, wat steeds op Plot 148 in die Roodepoort-omgewing, is in 1986 opgerig.

Die gemeente sien nou uit na die Pinkster-reeks wat van 12 Mei tot 15 Mei sal plaasvind en nooi die gemeenskap om by hulle aan te sluit.

Related Articles

 
Back to top button