Schools

Hoërskool Warmbad wys hul toptien aan

Hoërskool Warmbad het op Maandag, 15 April die toptien leerders vir die eerste kwartaal aangewys.

Die skool is met reg trots op hierdie leerders wat presteer in hul akademie en by ander buitemuurse aktiwiteite van die skool betrokke is.

In gr. 11 het die leerders mekaar behoorlik die stryd aangesê. Die foto is graadwenner Leago Modiba, met Marco de Freitas in die tweede plek en Oreneile Phoffu, derde. Die ander leerders is in volgorde van prestasie: Tumelo Tsheola, Chenell Maidment, Stefan Mostert, Raeesa Seedat, Angelique van Jaarsveld, Nadia Swartz en Rentia van der Pol.
Die gr. 10-leerders se eerste eksamen met hul keusevakke is agter die rug en hul het soos volg gepresteer: die graadwenner is Ilne de Klerk, gevolg deur Kaylo Humphreys en Karla Smith (op die foto). Die ander leerders wat die toptien gehaal het is: Isabel Beneke, Tania Hechter, Kamogelo Matloa, Chere van Zyl, Janfrik Bothma, Chené Swart en Yolindi Coetzee.
Die gr. 9 leerders wat baie tyd agter hul boeke deurgebring het is: ) Mahlasedi Molekwa, Bayla Aarons, Valerie Monulu, Marko van der Westhuizen, Hernu Nortjé, Zelné Lepart, Carla van Rooyen en die topdrie is links Zoey Brent-Meek (graadwenner), Brigitta Komlosy en Buhle Nhlapo.
In gr. 8 is die leerders wat die toptien gehaal het: Linzel Moore, Phumelelo Kgosana, Ntshuxeko Mohale, Larissa Strydom, Caitlynn de Bruyn, Phathu Makhesha, Danie Heyns en hier is die topdrie: Oratile Phalane (graadwenner). Miarsca Kruger en Liuwa Jooste.

Related Articles

 
Back to top button