Red ons aasvoëls

vulpro logo2

E-pos: info@vulpro.com   |  Webtuiste: www.vulpro.com
Facebook: @VulProAfrica    Instagram: @vulpro_official   |   Twitter: @WeLoveVultures

Voëls wat gerehabiliteer kan word om weer wild te leef, word vrygelaat. VulPro het 'n span vrywilligers wat help met die redding van voëls.

Relief offered for endangered vultures

Africa’s largest vulture relocation marks a conservation milestone.
Mariza Hamman, an audiologist and conservationist from Bela-Bela issued us with the good news that an imperative respite for the conservation of our wild vulture populations is on hand.

The first phase of a project to secure the future of wild vulture populations in Southern Africa has been completed with 160 Cape and African White-backed vultures settled into their new home at Shamwari Private Game Reserve.

The birds are the vanguard of a two-year project to establish a breeding facility, VulPro at Shamwari, for sick or injured vultures that have been rehabilitated and can breed, but are non-releasable.

In what is the largest relocation of vultures ever undertaken, the birds were transported the 1 042 km from VulPro’s facility in Hartebeespoort to bespoke enclosures at Shamwari.

The move involved over 50 people and took 18 hours, with all 160 birds loaded in just three hours. Logistics company DHL provided transport and security, while WeWild Africa, an NGO specialising in animal rewilding and translocation, loaded the birds and funded the 160 transport crates.

Prof Katja Koeppel from the University of Pretoria’s faculty of Veterinary Sciences managed the welfare of the birds, supported by Dr Johan Joubert from Shamwari.

A second phase, later this year, will see the relocation of breeding pairs of non-releasable Lappet-faced, White-headed and Hooded Vultures and some additional White-backed Vultures.

The Cape Vulture offspring will be released at Shamwari in keeping with its ethos of restoring the indigenous fauna and flora on the 250 km² reserve to what it once was. All these birds will be fitted with tracking devices.

Offspring from the other species will be transported back to VulPro’s Hartebeespoort facility where they will be sent to release sites that the National Vulture Breeding Steering Committee has identified as areas where these species need bolstering and support.

Kerri Wolter, VulPro CEO, says the bespoke breeding facility at Shamwari, will provide a significant boost to vulture conservation efforts in Southern Africa and on the continent.

“VulPro at Shamwari offers a safe, well-balanced ecosystem for both our in-situ and ex-situ conservation programmes and provides financial support and sustainability. Importantly it limits risk because the largest captive breeding population of vultures isn’t concentrated in one location. In addition, Shamwari’s anti-poaching unit provides good security.”

VulPro is the only vulture conservation organisation of its kind on the continent and is spearheading population restocking and supplementation to address the severe decline of African vulture species.

Human encroachment has particularly impacted African savanna raptors, with a recently published study in Nature Ecology & Evolution by Dr Phil Shaw et al showing evidence of widespread population collapse.

According to the study, raptors, including vultures, are slow-breeding apex predators and scavengers whose disappearance can trigger extreme cascading events. Large raptors experience significantly steeper declines than smaller species.

“Many of Africa’s raptors are at considerable risk from habitat conversion, prey-base depletion and persecution, driven principally by human population expansion,” says the study.

The many threats they face include shooting, trapping, intentional and unintentional poisoning, killing for food or belief-based uses, electrocution and collision with infrastructure such as wind turbines.

The study also found that species in unprotected areas faced declines that were more than double that of birds in protected areas. For this reason, the researchers strongly supported the expansion of conservation areas.

All five of the vulture species named in the study, including the White-backed, White-headed and Hooded Vultures are considered critically endangered, except the Lappet-faced Vulture which is endangered.

VulPro at Shamwari comprises three enclosures. One accommodates badly injured birds that require constant attention and is of public view near the veterinary hospital. A second, adjacent to the existing Wildlife Rehabilitation Centre, includes an artificial cliff to provide optimal conditions for breeding pairs of Cape Vultures. The third is a pre-release enclosure, built on high ground near the centre of the reserve, from where healthy, young Cape Vultures will be released.

Further enclosures will be added over the next three years.

Joe Cloete, Shamwari CEO, considers the establishment of these enclosures a major milestone in the reserve’s 32-year history.

“To put it in perspective, in conservation terms I consider this as significant as relocating 160 rhinoceros. Vultures are vital for a healthy ecosystem and are severely threatened. I cannot overstate how reintroducing Cape Vultures to Shamwari is crucial to our conservation journey and enhancing the ecological importance of the reserve and the Eastern Cape.”

For more information contact:
Shamwari Private Game Reserve: Joe Cloete, CEO 042 203 1111, 082 327 0363, joe.cloete@shamwari.com
VulPro: Kerri Wolter, CEO 082 808 5113, kerri@vulpro.com
#SaveOurVultures #vultureconservation
https://www.youtube.com/watch?v=MrEo_e9uV7I&t=1s

ATTENTION

After the heavy rains and colder weather, vultures tend to get stranded. If you, or anyone you know have detected a stranded vulture, please call one of the following numbers:

Kerri 082 808 5113. Alistair 082 254 4162. Mariza 063 984 3639

Vrystaatse aasvoël tuis in die Waterberg

Bewaringpogings om die land se bedreigde aasvoëlspesie te red het verlede week ’n hupstoot gekry nadat ’n jong gerehabiliteerde aasvoël in die Roedtan-omgewing vrygelaat is.

Marissa Hamman, gehoorpraktisyn van Bela-Bela en vrywilliger by die aasvoël-bewaringsorganisasie Vulpro, vertel aan Die Pos daar is nie ’n enkele dag wat verbygaan waar dié roofvoëls nie bedreig word deur vergiftiging, stropers, of kragdrade nie. Dit is hoekom die suksesvolle rehabilitasie van aasvoëls so belangrik is vir die voortbestaan van die spesie.

Dié spesifieke witrugaasvoël is in April vanjaar deur Kate Webster van die Oos-Kaap gered.

Hamman vertel dat Webster die aasvoël in Smithfield in die Vrystaat gevind het. Die voël was uitgeteer en gedehidreer. Daar was ’n sterk moontlikheid dat die voël loodvergiftiging opgedoen het, vertel Hamman.

Webster het die verswakte aasvoël na Vulpro se rehabilitasiesentrum in die Hartbeespoort-omgewing gestuur, waar Kerri Wolter, Vulpro se hoofuitvoerende beampte en haar span, hom gerehabiliteer het.

“Ek het die voël op Maandag 17 Julie op Tom Laas se plaas naby Roedtan vrygelaat. Mense kan uitkyk vir die voël wat ’n pienk en swart beenband met die nommer 74 (PB74) dra. Die band word gebruik om sy beweging te moniteer,” sê sy.

“Witrugaasvoëls is ’n kritiek bedreigde spesie. Hulle broei in los kolonies en maak neste in bome. Hulle word sowat 90 tot 100 cm hoog en het ’n vlerkspan van tot 2,3 m. Hulle vrek as gevolg van kraglyne wat hulle doodskok, vergiftiging en mense wat hulle jag vir tradisionele medisyne. Hulle word ook blootgestel aan vergiftiging omdat hulle op dooie karkasse voed van diere soos jakkalse wat vergiftig is. Selfs die lood waarmee ’n dier geskiet word, kan dié voëls vergiftig.”

Sy versoek dat boere in die omgewing liefs loodvrye ammunisie gebruik.

“Bel Vulpro dadelik as jy ’n aasvoel sien wat in die moeilikheid is. Dit is gewoonlik ’n voël wat nie kan opstyg nie en op die grond bly terwyl sy natuurlike instink is om weg te vlieg. Vergiftiging verswak die spiere in hul vlerke en hulle sukkel om te vlieg.”

Vir meer inligting, besoek Vulpro se webtuiste by www.vulpro.com(.)

!!! NUUSFLITS !!!

Op 21 Maart 2022 is ‘n witrug-aasvoël, wat in aanhouding geteel is by Vulpro (https://vulpro.com, gestig deur Kerri Wolter), vrygelaat by Tom Laas se plaas Bosveld, Roedtan, by sy boskampie genaamd Kierieklapper (sien video langsaan). Daar is besluit om die aasvoël daar vry te laat aangesien ander witrug-aasvoëls ook in die omgewing broei (broeibewegings word twee keer per jaar gemonitor).
Die aasvoël is toegerus met ‘n GPS-opsporingstoestel sodat Vulpro sy bewegings kan volg. Die voël het bietjie meer as ‘n week by Tom vertoef, en toe in ‘n algemene weswaartse rigting begin vlieg oor Bela-Bela, Thabazimbi en daarna wes van Pilansberg. Jong voëls vlieg groot afstande om die omgewing te verken.

Dié spesifieke jong aasvoël het ‘n band om die been sodat hy maklik geïdentifiseer kan word. Die publiek word gevra om hul oë oop te hou vir hom aangesien hy tans aan die beweeg is (groenwit 53 – ‘n groen band, met wit geskryf en die nommer 53).
Hierdie is ‘n groot suksesstorie om eerstens so voël in aanhouding te kan teel en dan verder om hom suksesvol vry te laat sodat hy ‘n wilde aasvoël-lewe kan leef. Die aasvoël se ouers wat vantevore gered en behandel is, is nie vrylaatbaar nie. Dié voëls maak tans deel uit van die broeiprogram by Vulpro.
Lees gerus meer op Vulpro se webblad: https://vulpro.com

Op die foto word die aasvoël se bewegings deur middel van ’n GPS-opsporingstelsel aangedui.

SWART AASVOËL-VRAELYS:

Swart aasvoëls is een van die skaarsste aasvoël spesies in ons streek. As ons wil hê die spesie moet bly voortbestaan, moet ons hulle bewegings en behoeftes leer ken om sodoente vir hulle veilige vestings te skep waar hulle kan broei en eet. Daar is bittermin inligting oor hulle beskikbaar, daarom vra ek jou hulp met hierdie vraelys asseblief.

  1. Het jy al ooit swart aasvoëls op jou eiendom gesien?
  2. Het jy al ooit swart aasvoëls in jou omgewing gesien? Indien so, waar?
  3. Dra jy kennis van enige swart aasvoël neste? Indien so, waar?
  4. Sal jy bereid wees dat ‘n Vulpro personeellid of vrywilliger kom opnames doen op jou eiendom as daar neste op jou eiendom is? Indien so, verskaf asb die ligging van jou eiendom (hek GPS Koordinaar of ‘Pindrop’).
  5. Is daar enige ander aasvoël spesies op jou eiendom?
  6. Weet jy van ander eiendomme wat aasvoël het? Verskaf asb eienaar se naam en nommer.

Verskaf ons asseblief ook van die volgende:

Naam
♦ Selfoonnommer
♦ Plaasnaam
♦ Plaaskoördinate

Epos asseblief die ingevulde vraelys na marizahamman@gmail.com of neem dit af en WhatsApp dit na Mariza Hamman: 083 307 3615.

Kliek op die foto hieronder om te sien hoe aasvoëls in aanhouding broei. Dit is verstommend om te sien hoe die eiers binne lyk.

Saturday 4 September is International Vulture Awareness Day.
VulPro is proud to announce that we have vulture mugs and keyrings up for grabs. These two items are perfectly timed as we prepare for International Vulture Awareness Day! Allow your love for vultures to show by securing any of these mugs or keyrings for yourself, or gift them to someone you know that is a huge vulture fan! You can’t go wrong with either of these awesome goods! The mugs are R80 each and the keyrings are R15 each. If you are interested in either (or both) please contact kerri@vulpro.com for further information.

WAAROM MOET AASVOËLS BEWAAR WORD?

Afrika-aasvoëls het die afgelope drie dekades met tot 90% afgeneem, wat daartoe gelei het dat baie van hulle opgeneem is in CITES I (The Convention on International Trade of Endangered Fauna and Flora), die hoogste beskermingsvlak wat toegeken word aan ‘n bedreigde spesie wat in gevaar is om uit te sterf.

Daar word beraam dat spesies, soos die eens volop Afrika-witrugaasvoël, binne die volgende 20 jaar kan uitsterf.

Die Kransaasvoël is die enigste endemiese aasvoëlspesie in Suid-Afrika, met slegs 4200 broeipare. Hierdie spesie broei nie meer in Namibië, Zimbabwe of Swaziland nie.

Aasvoëlfisiologie en voedingsgedrag het hulle toegerus om ‘n uiters belangrike rol binne die ekosisteem te speel, wat ‘n nis vul wat nie deur ‘n ander aasdier gekonfronteer kan word nie. Aasvoëls is verantwoordelik om die ekosisteem in balans te hou deur karkasse van die omgewing te bevry. As gevolg van hul unieke sterk maagsuur, kan aasvoëls karkasse wat met siektes besaai is, wegdoen en sodoende die verspreiding voorkom wat katastrofiese afname in beide wild- en veebevolking kan veroorsaak.

Daarbenewens het aasvoëls ook ‘n direkte impak op die instandhouding van die biodiversiteit binne ‘n ekosisteem (Henriques et al, 2018). As gevolg van hul voedingsgewoontes bespoedig hulle die ontbindingsproses van die karkasse waarop hulle voed, wat die terugkeer van voedingstowwe in die grond moontlik maak. Dit het ‘n positiewe uitwerking op die voedingssiklus wat dan die biodiversiteit van ‘n stelsel beïnvloed.

Die Asiatiese aasvoëlkrisis werp lig op die belangrikheid van aasvoëls en die katastrofiese uitwerking wat ‘n aasvoëlkrisis op sowel dierlike as menslike bevolking het. Afrika is geen uitsondering nie, en die verlies van ons aasvoëls kan lei tot ‘n soortgelyke katastrofiese ineenstorting van ons omgewing en ekosisteme.


‘Vultures are the Crown Jewels of the avian world and have roamed our skies for millions of years. They have seen species appearing and disappearing, yet their own kind has not changed much in the recent history of the earth. Humankind has yearned throughout our own evolution to fly like the vultures and we have embedded vultures in our hieroglyphs and rock art as a remembrance of where we all come from. The negligence and ignorance of modern man, however, have taken an enormous toll on vultures. In the dawn of the third millennium, we have a critical duty to conserve these creatures, as we are just another earth-bound species viewed from the heavens by the masters of flight’

– Dr. Gerhard Verdoorn

WIE EN WAT IS VULPRO?

Rehabilitasie

VulPro red en rehabiliteer aasvoëls wat siek of beseer is. Hulle het ‘n span vrywilligers wat help met die redding van voëls. Die voëls wat sodoende gerehabiliteer kan word om weer wild te kan leef, word vrygelaat. Dié wat te ernstig beseer is, word gesond gemaak en sover moontlik gerehabiliteer, maar word dan deel van die broeiprogram en bewusmaking.

Almal werk hard om beseerde voëls te red en te rehabiliteer.

BAIE moeite word gedoen om elke voël te red. Kerri is 24 uur ‘n dag beskikbaar om beseerde of siek voëls aan te meld en voëls regoor oor Suid Afrika word gered. Daar is al 918 aasvoëls gered deur VulPro. 415 aasvoëls is reeds vrygelaat in die natuur deur VulPro

Navorsing

Onderrig is ‘n belangrike instrument. VulPro bied interaksie en kommunikeer gereeld met boere, grondeienaars asook gemeenskappe. VulPro se navorsingsprogramme strek oor ‘n wye verskeidenheid professionele velde, van veeartsenykunde, veeteelt, teelbiologie, ruimtelike bewegingspatrone, morfologie, genetika tot bewaringsbedreiging en mitugasie. 


VulPro-aasvoëlprogramme

Kerri Wolter het VulPro gestig en haar missie is drievoudig: rehabilitasie, navorsing en die broeiprogram.

Broeiprogram

VulPro bied ‘n broeiprogram om Afrika aasvoëls van uitwissing te red. Daar is kransaasvoël-broeikolonies, waarvan die kuikens vrygelaat word in die natuur om wilde getalle aan te vul.

Kransaasvoël-broeiprogram.

Hierdie jaar is daar byvoorbeeld 43 eiers vanuit hierdie broeiprogramme van Krans-, en witrugaasvoëls. Soos Kerri self sê: “Each individual counts, as each individual saved and released back into the wild, contributes to saving wild vulture populations”. Vulpro het reeds 431 aasvoëls insluitende kuikens uit die broeiprogram vrygelaat.

Kunsmatige krans by Vulpro.

VulPro se program bestaan uit:

  • rehabilitasie

  • navorsing

  • broeiprogram

Kunsmatige kranse waarop voëls wat nie vrygelaat is nie, kan broei, is baie suksesvol. Wanneer die tyd aanbreek dat die kuiken die nes moet verlaat, word hy geneem na ‘n deel waar die kuiken eers kan aanpas en dan vrygelaat word.

PROBLEME WAT AASVOËLS IN DIE GESIG STAAR

Die volgende besprekingspunte veroorsaak dat aasvoëlgetalle skerp daal:

Vergiftiging

Doelbewuste en nie-doelbewuste vergiftiging vind plaas. Stropers is veral bekend hiervoor – die aasvoëls gee hulle aktiwiteite weg en karkasse word dan doelbewus vergiftig sodat die voëls moet vrek.

Vergiftigde aasvoël.

Gifstowwe word veral uitgesit om ‘n spesifieke dier te teiken (byvoorbeeld jakkalse). Aasvoëls vreet dan aan dieselfde karkas en vrek daarvan. Wanneer aasvoëls aan karkasse eet wat gedip is, met anti-inflammatoriese middels behandel is, uitgesit word as aas, of met lood-ammunisie geskiet is, is die resultate gewoonlik noodlottig.

Kragkabels en pale

Aasvoëls gaan sit op kragpale en word doodgeskok. Hulle vlieg ook in kragkabels vas omdat hulle dit nie kan sien nie. Hierdie botsings is gewoonlik noodlottig of voëls word erg beseer. Voëls wat oorleef, maar nie gou gekry word nie, vrek.

Tradisionele medisyne

Onkunde speel hier ’n groot rol. Aasvoëls word vergiftig of gevang vir ‘moetie’ of tradisionele medisyne. Dele van die karkas word gebruik om fisiese en psigiese siektes te behandel of geluk te bring. Die voëls se koppe, snawels, kloue, oë ensovoorts word hiervoor gebruik.

’n Tekort aan veilige kos

Weens ’n tekort aan habitat en mense wat karkasse begrawe of verbrand, het aasvoëls minder kos. Ons sien in die veld tydens reddingsveldtogte dat honger voëls só verswak dat hulle nie meer kan vlieg nie, uithonger, dehidreer en dan uiteindelik vrek.

Kragkabels is ’n ernstige probleem vir aasvoëls.

Aasvoëls is baie skoon diere (en nee, hulle stink nie) en bad na elke ete

Aasvoëls verdrink in plaasdamme wanneer hulle sukkel om uit te klim. Daar is voorgestel dat boere houtstompe in plaasdamme plaas, wat aasvoëls iets gee om aan te klou en sodoende maklik te ontsnap. 

LANDBOU EN BEWARING HAND-AAN-HAND

In suidelike Afrika is daar nege aasvoëlsoorte en ook die tuiste van die endemiese Kransaasvoël. In Suid-Afrika word agt van hierdie nege spesies egter bedreig. Sommige spesies se getalle het die afgelope dertig jaar met meer as 80% gedaal.

Die krities-bedreigde Witkopaasvoël. Foto: Jaime Soto

Aasvoëls word daagliks bedreig deur menslike faktore, o.a. kragkabels wat die voëls doodskok, direkte en indirekte vergiftiging, habitat bedryging, die onwettige handel in wild, asook die gebrek aan veilige beskikbare voedsel. Dit is egter sleg vir die ekosisteem aangesien aasvoëls van kritiese belang is vir die verwydering van karkasse en om verspreiding van oordraagbare siektes soos hondsdolheid en miltsiekte te stuit.

Van die belangrikste rolspelers in die bewaring van aasvoëls is boere, aangesien ongeveer 80% van die grond wat deur aasvoëls gebruik word, landbougrond is. Boere kan op verskeie maniere ’n positiewe bydrae lewer.

Eerstens kan veilige voedsel vir aasvoëls voorsien word. Karkasse van diere wat aan natuurlike oorsake gevrek het, kan vir aasvoëls beskikbaar gestel word. Dit is ook belangrik om nie karkasse uit te sit wat die aasvoëls skade kan berokken nie. Dit sluit diere in wat met loodammunisie geskiet is, diere wat behandel is met nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels, soos Diclofenac, asook diere wat met medisyne soos fenobarbitol gedood is.

Dit is ook belangrik om hierdie karkasse weg te hou van kragkabels. Aasvoëls bots met kragkabels en word ernstig beseer wanneer hulle op dié pale sit. Nóg ‘n manier om hierdie voëls te beskerm, is om met VulPro in kontak te tree of wanneer aasvoëls op eiendom gemerk word. Só kan hierdie voëls dan gered word en die beste sorg ontvang, vrygelaat word indien moontlik, of die res van hul lewens onder toesig by VulPro spandeer, indien hulle nie vrygelaat kan word is nie.

Boere kan help om data te versamel ten voordeel van navorsing oor aasvoëls in hul omgewing. Deur rekords te hou van die aasvoëls op hul plase en hierdie inligting met bewaringsprogramme soos VulPro te deel, deel boere waardevolle inligting wat kan help met die bewaring van hierdie waardevolle diere.

In Suid-Afrika is daar vier aasvoëlspesies wat in bome nesmaak:  witrugaasvoëls, swartaasvoëls, monnikaasvoëls en witkopaasvoëls (sien foto). Witrug-, en swartaasvoëls kom dikwels voor op landbougrond, gewoonlik in die noordelike gebiede van Suid-Afrika. Die voëls voel gemaklik in hierdie gebied en word dikwels by veekarkasse in die veld aangetref. Monnik-, en witkopaasvoëls is egter meer skugter en ontwykend en gebruik meestal beskermde gebiede om te teel en te voed. Al vier hierdie aasvoëlspesies is bedreig in Suid-Afrika. Behalwe dat swartaasvoëls minder bedreigd is, word witrugaasvoëls, monnikaasvoëls en wikopaasvoëls as krities bedreigde spesies beskou.

VulPro-spanlid, Caroline Hannweg, in samewerking met die Universiteit van Pretoria en die Max Planck-instituut in Duitsland doen tans ‘n studie oor hierdie aasvoëlspesies wat nesmaak in bome in suidelike Afrika. Haar PhD-proefskrif fokus op die basiese biologie en beweging van hierdie aasvoëlspesies deur suidelike Afrika, en hoe die geskiktheid van hierdie gebied die voëls beïnvloed.

Deur dit te doen, word GPS-opsporingstoestelle op 80 individuele aasvoëls regoor Suider-Afrika aangebring. Dit sluit in 20 witrugaasvoëls, 20 swartaasvoëls, 20 witkopaasvoëls en 20 monnikaasvoëls. Broeimonitering en -opnames sal gedoen word om te verstaan ​​waar hierdie voëls broei en wanneer en waar hulle suksesvol voortbestaan. Deur hierdie data te versamel, word gehoop om die eerste habitatgeskiktheidsmodel vir hierdie aasvoëlspesies in suidelike Afrika te bou. Dit sal bewaringsorganisasies soos VulPro help om hul aandag te vestig op  geskikte plasing van hierdie aasvoëls, en sal ook help om vas te stel of daar voorheen onverkende gebiede vir aasvoëlbevolkingsgroepe gemonitor moet word.

Dit is ‘n groot projek om aan te pak en daarom is VulPro op soek na vrywilligers in die boeregemeenskap wat kan help. VulPro is op soek na hulp met die opspoor van aasvoëls in Suid-Afrika. Indien enigiemand weet van ‘n gebied wat aasvoëls gereeld besoek en broei, moet VulPro so gou moontlik in kennis gestel word. Hierdie gebiede kan potensiële areas wees waar individue gevang kan word en GPS-opsporingstoestelle aangebring word. Indien u enige inligting oor die ligging van dié voëls het, kontak ​​gerus vir VulPro by info@vulpro.com.

Kontak VulPro indien jy op ‘n ander manier by die projek betrokke wil raak, o.a. individue en organisasies wat met finansiering kan help, veral vir GPS-opsporingstoestelle. VulPro bied jou die geleentheid om ‘n toestel te borg vir vooraf-gemerkte aasvoëls. Hierdie toestelle voorsien eksklusiewe inligting oor die beweging van ’n aasvoël deur Suid-Afrika. Indien jy sou belangstel om betrokke te raak of meer inligting oor hierdie geleentheid wil ontvang, kontak VulPro by info@vulpro.com.

Die natuur se eie 'clean-up crew'

Die grootste onwaarheid oor aasvoëls is dat hulle gesonde, sterk diere kan doodmaak en dus landbouverliese kan teweegbring. Hulle is inteendeel ’n bate vir die landbousektor.

Aasvoëls is die skoonmakers in die ekosisteem. Hulle maak karkasse skoon en verlaag die risiko van virale, bakteriële en insekinfestasies. Aasvoëls se maagsappe is uiters suur en baie min virusse of bakterieë kan daarin oorleef. Hierdie voëls verhoed dat siektes soos miltsteek, hondsdolheid en die parvovirus by honde, verder versprei.

Ongestoorde aasvoëlrestaurante word deesdae deur bekwame boere en bewaringskundiges beskikbaar gestel, waar gifvrye vleis en karkasse aan aasvoëls en ander aasdiere voorsien word.

Byna 10% van aasvoëls in suidelike Afrika word doodgeskok of vermink. Wetgewing vereis dat alle nuwe kragkabels en netwerke voëlvriendelik moet wees, maar steeds bly die groeiende kragnetwerk ’n gevaar vir aasvoëls (vlerkspan van meer as 2,5 meter en liggaamsgewig van tot 10kg).

Kransberg in Thabazimbi, Limpopo.

Bewaring van aasvoëls in die Waterberg

Alle aasvoëls hou van hulle kos vars (dood, maar vars). Dit neem alle aasvoëls ongeveer 6 jaar om volwassenheid te bereik. Aasvoëls ken nie grense nie en reis internasionaal, veral jong volwassenes. Hierdie voëls het ‘n besondere lae pH-vlak; dis vanwee hiervan dat aasvoëls geklassifiseer word as die natuur se skoonmaakpersoneel en siektes soos miltsiekte en hondsdolheid doeltreffend kan beheer. Daar is sowat 0.1% tot 3% van Indië se aasvoëlspesies oor as gevolg van massas diclofenac (algemene anti-inflammatoriese medikasie) vergiftiging in die 1990s, waarna hondsdolheid handuit geruk het vanweë die verlies van aasvoëls en hulle vermoë om sekere siektes af te weer. Anti-inflammatoriese middels, dipstowwe, middels waarmee diere gedood word en loodvergiftiging is dodelik vir aasvoëls.

Kransaasvoël.

Kransaasvoëls

Die Waterberge huisves die tweede grootste broeikolonie Kransaasvoëls by Kransberg in Thabazimbi. Kransaasvoëls is bedreig en endemies; dit beteken hulle kom net in Suider Afrika voor. Volwassenes wat deel vorm van die broeikolonie bly relatief naby aan hulle habitat, maar jong volwassenes vlieg ver afstande. Die jaarlikse sensus by Kransberg is pas afgehandel. Daar is ‘n 16% afname in broei-aktiwiteit. Kransaasvoëls broei teen kranse. Alle aasvoëls broei in die winter. Hulle is monogaam en beide ouers help nesmaak, broei en maak die kuiken saam groot. Wanneer een van die ouers vergiftig word of op ander wyse doodgaan (botsing met kragkabels of moetiehandel), verloor mens inderwaarheid drie voëls: die voël wat vergiftig is, sy lewenslange maat asook die kuiken (vergiftigde gedeelde kos en verhongering). Kransaasvoëls weeg tot 11kg met ‘n vol krop, 8,6kg gemiddeld met ‘n leë krop, is 1,2m lank en het ‘n vlerkspan van 2,6m.

Witkop- en monnikaasvoëls

Witkopaasvoëls word krities bedreig.

Hierdie twee spesies is heelwat kleiner as ander aasvoëlspesies in die streek, maar beide is krities bedreig en word nie meer gesien in die Waterberg-gebied nie. Daar is slegs 60 witkopaasvoëls oor in die natuur. Beide hierdie aasvoëls het klein snawels en kom na die krans-, en witrugaasvoëls om kleiner stukkies vleis, byvoorbeeld tussen die ribbes, te eet. Witkopaasvoëls is 85cm hoog, weeg 4,3kg en het ‘n vlerkspan van sowat 2,3 meter. Dié voëls maak veral jag op kleiner diere. Die kleinste spesie is monnikaasvoëls.

Die krities-bedreigde monnikaasvoël.

Monnikaasvoëls is sowat 75cm hoog, weeg 2,1kg en het ’n vlerkspan van ongeveer 1,8 meter.

Witrugaasvoëls

Witrugaasvoëls broei in bome en word meer op die Springbokvlakte gesien. Hierdie voëls vorm los kolonies. Hulle broei nie in een groot kolonie saam in kranse nie, maar hul neste sal naby aan mekaar in bome gekry word. Witrugaasvoëls is krities bedreig.

Witrugaasvoël.

Tydens onlangse monitering in die Hoedspruit-gebied, is met skok agtergekom hoe min broeipare werklik nog oor is. Daar is in Junie 2021 begin met die monitering van dié voëls se neste op die Springbokvlakte. Indien enigiemand van bestaande neste weet, kontak VulPro onmiddellik. Witrugaasvoëls is bietjie kleiner as kransaasvoëls, maar hul veggees is groter. Dié voëls is 1 meter lank, weeg gemiddeld 5.5kg (met vol krop tot 7.2kg) en het ’n vlerkspan van ongeveer 2,3 meter. Witrug- en kransaasvoëls is tweede in lyn om te eet by ‘n karkas, ná swartaasvoëls die karkas voorberei het.

Egiptiese aasvoëls

Egiptiese aasvoëls is uitgewis in die wild in suider afrika.

Uitgesterf – die egiptiese aasvoël.

Witaasvoëls

Witaasvoels is die enigste aasvoël wat nie op die rooi data lys is nie en kom in Natal voor by die noordkus to in Mozambiek.

Witaasvoël.
Krities bedreigde Swart aasvoël.

Swartaasvoëls

Hierdie groot meneer is deel van die Groot 6 voëls. Hulle broei, nes die witrugaasvoëls in bome, maar daar is in SA nog geen rekord van swartaasvoëls wat broei nie. Hulle is krities bedreig. Daar is ‘n projekte onderweg, wat juis gemik is op aasvoël spesies wat in bome nesmaak wat meer lig sal werp op die gedrag van hierdie voëls en ons meer sal leer van hulle aktiwiteite. Hierdie groot aasvoël maak die karkas oop, eet vel, ligamente en senings, daarom het hy so formidabele snawel nodig.  Hulle is 1.15m lank, weeg gemiddeld 6.6kg en het ‘n vlerkspan van 2.8m. Dis ‘n seldsame voël en mens sien hulle basies nog net in bewaringsgebiede.

Rüppels-aasvoëls

Rüppels-aasvoëls is swerwers en daar is rekord van een by Blouberg. Alle aasvoëls het besonderse goeie sig en kan kilometers hoog in die lug hulle kos op die aarde sien. Daar is selfs rekords aangeteken van ‘n Rüppels-aasvoël wat meer as 11km hoog gevlieg het.

Rüppels-aasvoël.

 

Die Waterberge in die Limpopo-provinsie vestig die tweede grootste Kransaasvoël broeikolonie by Kransberg, Thabazimbi. Dié kolonie word jaarliks deur VulPro gemonitor. Maar die nuus is nie goed nie; ’n sensus wat in Junie 2021 gedoen is, toon dat daar sowat 16% minder voëls is wat broei, in vergelyking met die vorige jaar. Vooruitsigte vir witrugaasvoëls wat in bome broei lyk nie juis beter nie.

Die beste plek om kransaasvoëls te besigtig, is by Marakele se Lenong-uitsigpunt. Ander tipes aasvoëls wat veral op die Springbokvlakte te siene is, is witrug- en swartaasvoëls.

Projekte is tans onderweg om veilige aasvoëlsones (vulture safe zones) in die Waterberg te skep. Soortgelyke projekte is reeds in ander provinsies van stapel gestuur.

HOE KAN JY BETROKKE RAAK?

♥ WORD ’N VRYWILLIGER


VulPro is ’n nie-winsgewende organisasie en die hulp van gewillige en bekwame hande is van groot hulp met die daaglikse take wat die verskillende organisasies verrig.

Wanneer jy aansluit en betrokke raak by VulPro word jy deel van ’n onvergeetlike ervaring.  VulPro se personeel is opgewonde om hul kennis en passie van hierdie manjifieke wesens te deel, en te verseker dat elkeen wat betrokke raak by VulPro, met ‘n positiewe gesindheid sal wegstap.

VulPro het ‘n manier om mense se lewens te verander, om werklik ‘n stempel af te druk op elke individu wat deur hul hekke beweeg. Mens kan op verskillende maniere as vrywilliger betrokke raak, afhangende van jou situasie; daar is vrywillers wat fisies aasvoëls red, daar is mense wat help om siek en beseerde voëls aan te ry, mense wat donasies maak, mense wat by Vulpro self gaan help, nesmateriaal aanry vir die broei program in die winter, om maar net ‘n paar te noem.

♥ KOOP DIE BOEK


Die pragtige boek, Magnificent Vultures of Africa, wat handel oor Afrika se verskillende spesies aasvoëls, word uitgegee deur fondse in te samel vir aasvoëls in VulPro se sorg. Help ons om hierdie pragdiere te help deur die boek te koop.

♥ WORD ’N LID


Word deel van ons span. Ons streef daarna om die toonaangewende organisasie vir die bewaring van aasvoëls te wees vir die bevordering van kennis, bewustheid en innovasie in die bewaring van Afrika-aasvoëlbevolkings, tot voordeel en welstand van die samelewing.

Raak betrokke. Bring jou gesin saam.
RED ONS AASVOËLS!

Lidmaatskap is een jaar, vanaf die datum van indiening. Só kan jy ’n lid word:

  • Lidmaatskap vir ’n enkelpersoon is slegs R450. Die voordele: ‘n jaarlikse toer van die VulPro-fasiliteite, e-pos oor broeiprogram-aktiwiteite plus ’n maandelikse NPO verslag (per e-pos).
  • Plus-lidmaatskap vir enkelperoon sluit in: maandelikse verslag per e-pos plus uitnodigings na vrylatingsgeleenthede.
  • Lidmaatskap per familie (2 volwassenes en 3 kinders): twee jaarlikste toere van VulPro-fasiliteite, een dag se toegang na ’n voëlskuiling wat uitkyk op die aasvoëlrestaurant, jaarlikse verslag per e-pos, ses maandelikse nuusbriewe per e-pos plus uitnodigings na vrylatingsgeleenthede.
  • Korporatief: jaarlikse verslag per e-pos, ses maandelikse nuusbriewe per e-pos plus uitnodigings na vrylatingsgeleenthede.
  • Neem ‘n aasvoël aan: onbeperkte toegang tot VulPro-fasiliteit (per afspraak), alle verslae en nuusbriewe. Jy kan ’n aasvoël benoem. ’n Aannemingssertifikaat met jou naam op is ingesluit.

♥ MAAK ’N DONASIE


Individuele en korporatiewe bydraes word met ope arms verwelkom. Erkenning word gegee deur byvoorbeeld om ons webwerf te besoek, Facebook, jou e-pos-handtekening, asook op aanwysings by ons fasiliteit. Dit kan in meer besonderhede bespreek word deur met VulPro kontak te maak.

Donasies kan direk in ons bankrekening via PayFast OF Zapper OF PayPal
of via EFT deur die bankbesonderhede hieronder te sien.

Naam: VulPro Bank                  SWIFT: SBZAZAJJ
Rekening: Standard Bank        NPC Reg #: 2011/127419/08
Tak:
Sandton                            TAX #: 9888/246/15/5
Takkode: 019205                     PBO Status: (18A) 930038988

Rekeningnr: 242139817
Tipe rekening: Current

♥ NEEM ’N AASVOËL AAN


Vrywilligers by VulPro het deur die jare, reeds vyf aasvoëls aangeneem:

Kransaasvoël-broeipaar, Tristan en Isolde:
Elke jaar word ’n kuiken van hierdie broeipaar aangeneem. In 20 Junie 2021 het ’n nuweling, Papageno, sy verskyning gemaak. In 2020 was Giovanni uitgebroei, en in 2019, Fidelio. Fidelio is vrygelaat in die Oos-Kaap om sodoende getalle in die wild aan te vul.

Giovanni saam met Isolde.


Swartaasvoël-mannetjie, Rigoletto:

Rigoletto se vlerk ligamente is geskeur en sal nie weer kan vlieg nie.


Witkopaasvoël-mannetjie, Orpheus:

Orpheus.

MAAK 'N VERSKIL

JÓÚ BYDRAE KAN DIE VERSKIL MAAK

Dit is voorwaar ‘n belewenis om betrokke te wees by VulPro. Hierdie organisasie het nog altyd ’n liefde vir voëls, maar mens kyk anders na hierdie diere wanneer daar so na aan hulle gewerk word.


Toere, noodgevalle, siek of beseerde aasvoëls: Kerri Wolter 082 808 5113.

Aasvoël-aktiwiteite en/of neste: Mariza Hamman 083 307 3615 (Limpopo). Ook beskikbaar op WhatsApp of per e-pos by marizahamman@gmail.com(.)

E-pos: info@vulpro.com
Webtuiste: www.vulpro.com
Facebook: @VulProAfrica
Instagram: @vulpro_official
Twitter: @WeLoveVultures

 
Back to top button