Super Sokkie kom wéér na Carnival City

Die grootste sokkie-geleentheid van die jaar, Super Sokkie, kom wéér vir ‘n derde keer na Carnival City se Big Top Arena.

Kunstenaars soos Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Snotkop en Nádine kom byeen om die nuwe jaar op 31 Desember in te sokkie.

Liedjies soos Cool soos Koos Kombuis, Kaptein, Anoret, Kaapse Draai en vele meer gaan vir heerlike dansoomblikke sorg.

Jou gunsteling sokkie-liedjies is nou letterlik ook aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app beskikbaar.

Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister.

Laai die app gratis in die Google Playstore of iOS Store af.

“Ek het so drie jaar gelede begin sien hoe die lekker dansplekke begin verdwyn en toe besluit ek om ’n platform te skep waar die kunstenaars ’n kans kry om voor ’n gehoor wat vir dansmusiek honger is, op te tree – op ’n groot skaal,” vertel Kurt Darren, organiseerder van Super Sokkie.

Super Sokkie is ’n konserttoer wat reg oor Suid-Afrika, en selfs op die water, aangebied word.

Dié geleentheid spog selfs met ’n wêreldrekord.

In 2016 het ongeveer 1 180 paartjies gelyktydig by die GrandWest se Grand Arena op die maat van Kurt Darren, Juanita du Plessis en Die Campbells se musiek gesokkie.

Volgens die sanger Snotkop sien hy die meeste uit om saam met sy aanhangers te kuier.

“Dit gaan die grootste jol van die jaar wees.

“Jy mag dit nie misloop nie,” het hy gesê.

Back to top button