Hou jy van visvang?
Dan moet jy nie hierdie visvang fondsinsaamelingsbyeenkoms misloop nie.
Die NG Kerk Elsburg gaan op 14 Februarie ‘n Valentyne’s oewerhengel-kompetisie hou.
Die kompetisie sal by Vogelstruisbultdam, Daggafontein, op die R51 tussen Springs en Nigel, plaasvind.
Daar gaan groot pryse wees op die dag te wen wees, naamliks:
- Grootste karp: R2 000
- Grootste baber: R1 000
- Swaarste sak: R1 000
Daar sal ook verversings te koop wees.
Bespreek by die kerkkantoor, by 011 827-4913, of per epos, by ngelsburg@absamail.co.za.
Daar is ‘n koste vir elke hengelaar wat moet betaal word en klubreëls geld.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



