Local newsNews

Vreugde vir die Elsburg gemeenskap

Solidariteit Helpende Hand Elsburg bederf die gemeenskap.

Solidariteit Helpende Hand Elsburg het onlangs ’n dag toegewy aan die kinders en bejaardes van die klein gemeenskap.

Vroeg oggend het hulle eers ’n Paaseierjag gehou vir die behoeftige kinders en daarna is hulle saam met klein besigheidseienaars Niel en Lucy van Coppenhagen, van Mr Partyman, na ’n paar plaaslike winkelsentrums.

By Spar, in Elsburg, het die gesiggies onmiddellik opgehelder toe die “Paashaas” uit die motor geklim het, en kinders en ouers het nader beweeg om ’n sjokolade eier te ontvang en ’n foto te neem.

“Ek is vreeslik dankbaar vir die besighede wat ons met sulke groot harte ontvang het en ook vir elke lid van Solidariteit Helpende Hand wat hierdie uitreik vir ons moontlik gemaak het.

“Die vele groot glimlaggies maak dit alles die moeite werd,” het Natasha Viljoen, voorsitter van die tak, gesê.

Indien jy jou hande wil aanbied om die tak sterker te maak, skakel vir Natasha by 073 047 6218, of stuur vir haar ’n e-pos na Natasha@heavenlyflowers.co.za.

Jy kan ook lees:

Helpende Hand visits sick children

Solidariteit Helpende Hand besoek SAVF Die Anker ouetehuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button