Local newsNews

Oos-Rand Sakevroue begin jaar in styl

Die Oos-Rand Sakevroue het die jaar op ’n hoë noot afgeskop tydens hul vergardering op 23 Februarie te Summer Place.

Die Oos-Rand Sakevroue het die jaar op ’n hoë noot afgeskop tydens hul vergardering op 23 Februarie te Summer Place.

ALSO READ: Trek jou dansskoene aan

Violis Lizelle le Roux het die vroue tydens die vergardering vermaak. Haar sjarme en die ritmiese manier waarop sy dans terwyl sy viool speel het die gaste op hul voete gehad.

Sy het liedjies soos Ode to Joy, Hongaarse Dans, Tango (Scent of a Woman) en Sarie Marais gespeel soos net sy kan. Die vroue het die vertoning so geniet dat hul selfs danse soos die Radetsky Mars uitgevoer het.

Nog ’n hoogtepunt van die aand was die driegangmaaltyd.

Die vroue het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te netwerk en mekaar beter te leer ken. 

Lorna Enslin en Bianca du Plessis het die vergadering geniet.

Karen Herbst, voorsitter van die Oos-Rand Sakevroue, het die funksie as ’n sukses beskryf.

“Dit was ’n lekker funksie waar ons ervaringe kon deel. Die vertoning en kos was ook fantasies. Ek wil graag vir Lizelle en almal bedank wat ons ondersteun het. Haar entoesiasme en positiewe persoonlikheid is aansteeklik,” het Herbst vertel.

Volgens Lizelle was dit heerlik om deel te kon wees van die geleentheid. Die Sakevroue kom weer op 11 Mei bymekaar.

Die Oos-Rand Sakevroue is ’n nie-winsgewende organisasie wat al vir ongeveer 19 jaar bestaan.

Vir meer inligting oor die organisasie, kontak Karen by karen.herbst@sanlam4u.co.za

 
Deel van die Sakevroue se bestuur is (agter) Louise Fick en Karen Herbst. Voor: Lorna Enslin, Lizelle le Roux (gas) en Karen Herbst.

 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button