Local newsMunicipalNews

Middelman nie sigbaar nie – leser

"Ek was onlangs in die vroeë oggendure in ‘n penarie as gevolg van die middelman wat die twee tolstasies skei."

Graag wil ek my misnoë uitspreek oor die ‘middelman’ tussen die twee tolstasies by Gosforth Plaza na Wits Rifle afrit.

LEES ASOOK: Residents express concerns at Sunnyridge meeting

Ek was onlangs in die vroeë oggendure in ‘n penarie as gevolg van die middelman wat die twee tolstasies skei.

Die hoofrede hiervoor – geen sigbaarheid in die nag as jy jouself per ongeluk in ‘n verkeerde baan begeef nie.

Jy tref daardie sement met so ‘n harde slag dat dit soos oordeelsdag klink. Wiel aan flarde. Band aan flarde.

Die skade was ongeveer R3 000, dit sonder ongerief om gestrand te sit en die gevaar daaraan verbonde.

LEES ASSOK:  CoE launch meat safety campaign to prevent food-borne disease outbreaks

Dit moes met honderde mense gebeur het as mens die toestand van die middelman betrag.

Kan die munisipaliteit nie sebra strepe daaroor verf nie?

Ek sal dit hoog op prys stel as daar aandag aan die probleem gegee word, dis voortslepend vir jare al.
Nog ‘n slagoffer Germiston.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button