Local news

Heidelberg Dameskring trakteer gaste op koorsang

Die Heidelberg Suikerbosrand-tak het hul jaarlikse sop- en sjerrie-aand gevier met koorsang.

Dameskring se Suikerbosrand-tak het onlangs ‘n “Koorsang en Melodieë”-aand aangebied in die skoolsaal van Laer Volkskool.

Die tak het hul tradisionele sop- en sjerrie-aand hierdie jaar luisterryk gevier met koorsang, goeie samesyn en heerlike, warm winterkos.

Laer Volkskool se koor onder leiding van Carla Benadé. FOTO: Verskaf.

Mosselsop, botterskorsiesop en ‘n heerlike vleis- en groentesop is met varsgebakte ciabatta- en volgraanbroodjies voorgesit.

Daarna kon die gaste ‘n bordjie egte melkkos geniet en wegstap met ‘n koeksister in die hand.

Hoër Volkskool se Orpheumkoor onder leiding van Vaughn van Zyl. FOTO: Verskaf.

Die seniorkoor van die Laer Volkskool, asook die Hoër Volkskool se Orpheumkoor het opgetree onder leiding van Vaughn van Zyl, terwyl die Laer Volkskoolkoor onder leiding van Carla Benadé opgetree het.
Die begeleidster van die kore was Sarita Sprong.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button