Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Amore Bekker kuier by VLU

VLU Goue Suide Streek het hul 20ste verjaardag met Amore Bekker in Heidelberg gevier.

Die Vroue Landbou Unie se Goue Suide Streek het hul 20ste verjaardag in Heidelberg met die tema Lewensvreugde op 25 Julie gevier. Heidelberg VLU was die organiseerders van die oggend.

Amore Bekker, radio omroeper van RSG (Radio Sonder Grense) se Tjailatyd was die gasspreker en het die vroue aan haar voete gehad.

Amore se informele geselstrant laat haar gehoor vinnig by haar aanklank vind. Tog kry sy dit reg om hulle met haar staaltjies te boei.

Amore het ook haar tweede kookboek, Tjailaresepte 2 bekendgestel. Sien meer oor diƩ boek hier.

Amore is weer op 12 September tydens die DBV se fondsinsamelingsfunksie in Heidelberg. Dit word om 10:00 vir 10:30 by Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes gehou en kaartjies is R100 per persoon.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button