Local news

Volkies en Vriende fees vermaak gemeenskap

Die Volkies en Vriende fees was 'n aand om te onthou in die Heidelberg gemeenskap.

Die Hoër Volkskool Heidelberg se Volkies en Vriende-fees, wat op 30 Oktober by die skool plaasgevind het, was ’n groot sukses.

Vermaak is die orde van die dag gewees met musikante en orkeste wat opgetree het. FOTO: Ewald Vorster.

“Die Volkies en Vriende-fees was alles en nóg meer as waarop ons gehoop het. Die atmosfeer was vol energie, die kos was heerlik, die musiek en vermaak op die verhoog was uit die boonste rakke en die feesgees was sommer tasbaar!” lui ’n plasing op die skool se Facebook-blad.

Die skare het reeds vroeg begin bymekaarkom om die fees te geniet. FOTO: Ewald Vorster.

Dit was ’n aand waar vriende saamgekuier, families herinneringe gemaak het en feesgangers die feestelikheid behoorlik geniet het.

Skare aanhangers het agter die afsper-heinings saamgedrom om die vermaak te aanskou. FOTO: Ewald Vorster.

Die feesprogram het ’n indrukwekkende verskeidenheid kunstenaars ingesluit, met Die Heuwels Fantasties, Toks en Tjops, Arno Jordaan en Juan Boucher wat opgetree het, asook die Rowers Boere-Orkes.

Een van die musikante hou sy mikrofoon vir ‘n lid van die skare om saam te sing. FOTO: Ewald Vorster

Die musiekfees is deur goeie ondersteuning gekenmerk en het ook ’n waardevolle bydrae tot die skool gelewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button