Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Heidelbergers staan saam in storm

Patrolleerders en gemeenskapslede spook tot 03:30 vanoggend om bome te verwyder.

Die storm wat Heidelberg gisteraand getref het, se nadraai lyk lelik. Oral in die dorp lê bome ontwortel. Heidelberg Sentraal, Jordaanpark, Overkruin en Rensburg het deurgeloop.

Oral het mense gesê dit is genade van Bo dat niemand ernstig beseer is nie. Die meeste bome het ook weg van huise af geval en hier en daar het omheinings en buitegeboue deurgeloop.

Heidelbergers het weereens saamgestaan en dit was veral Heidelberg GPF se patrolleerders, mediese vrywilligers, George Booker en Danie Knoetze (om net maar ‘n paar te noem) wat ingespring het en saam met die gemeenskap tot 03:30 vanoggend gespook het om bome uit strate te verwyder. Motors is ingespan om bome uit strate te verwyder.

‘n Stuk dak van die Victorian Sentrum het ook afgewaai. Jordaanpark sit ook sedert gisteraand sonder krag, nadat ‘n boom op kragpale en die kragboks in Wesselsstraat geval het. ‘n Huis se buite muur het ook omgeval. Verskeie padtekens het op die hoek van Wessels- en HF Verwoerdstraat asook die R23 naby Shalimar Ridge in die slag gebly.

In Shalimar Ridge het ‘n stroom water reg deur mense se nuutgeboude huis in Vaalstraat geloop en Shalimar Ridge Primary School se omheining het in die slag gebly.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit vra dat mense asseblief geduldig moet wees. Hulle is tans in Rensburg besig met opruiming, maar dit vat tyd om die masiewe bome te verwyder.

Hier is foto’s van hoe dit gisteraand gelyk het:

 

En hier is foto’s van die skade ná die storm:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button