InternationalSport
Luthje sit manne ore aan
Phillip Luthje het 'n skittervertoning gelewer en met 'n telling van 19 punte Heidelberg Gholfklub se nege-putjie kompetisie gewen.

Die kompetisie het op 22 Januarie plaasgevind waar Luthje teen senior mans en dames te staan gekom het.
Altesaam 18 spelers het om die wentitel meegeding.
“Dit bly ‘n groot eer. Ek is bly om die jaar met ‘n oorwinning af te skop. Ek sien baie uit na die res van die seisoen,” het Luthje gesê.
Alhoewel daar nie genoeg spelers deelgeneem het om ‘n tweede- en derdeplek te kroon nie, het Luthje gemaklik eersteplek beklink.
Heidelberg Gholfklub se volgende kompitisie vind op 1 Februarie plaas.
Vir meer inligting kan die klub by 016 349 1061 geskakel word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



